NewsSchool sportSchoolsSport

LMS – Baie dankie Pietie Coetzee

‘n GROOT ideaal is die afgelope week verwesenlik toe hokkiespeelster en springbokster, Pietie Coetzee, geakkommodeer kon word om afrigting te doen. Uitnodigings is gerig aan skole in Vryheid vir bywoning van afrigtingsklinieke vir individue sowel as groepafrigting. Opwarming, afrigtingstegnieke en vaardighede het intensiewe aandag gekry. Veral die kreatiewe gebruik van speletjies om vaardighede vas te …

‘n GROOT ideaal is die afgelope week verwesenlik toe hokkiespeelster en springbokster, Pietie Coetzee, geakkommodeer kon word om afrigting te doen. Uitnodigings is gerig aan skole in Vryheid vir bywoning van afrigtingsklinieke vir individue sowel as groepafrigting. Opwarming, afrigtingstegnieke en vaardighede het intensiewe aandag gekry. Veral die kreatiewe gebruik van speletjies om vaardighede vas te lê het groot byval gevind.

Leerlinge en personeel wat die klinieke kon bywoon was dit eens dat hulle nog nooit afrigting van hierdie hoë gehalte beleef het nie. Leerlinge en personeel het sonder twyfel waardevolle ondervinding opgedoen wat hokkie in ons streek tot nog ‘n hoër vlak kan neem.

LMSBaie dankie aan mev. Liesel Viljoen wat die inisiatief geneem het om Pietie Coetzee te nader en wat saam met haar man Niekie verantwoordelikheid vir alle reëlings aanvaar het. Baie dankie ook aan almal wat ingeskryf het vir die kliniek en daardeur hierdie geskiedkundige gebeurtenis moontlik gemaak het.

Uitslae: LMS vs Egerton Op Saterdag 10 Mei reis al ons spanne na Egerton Laerskool te Ladysmith. ‘n Heerlike sportdag word beheef. Die uislae: Hokkie: 0/7A wen 7-0; 0/8A wen 7-0; 0/9A wen 8-6; 3de wen 4-1; 2de wen 2-0; 1ste wen 2-0. Netbal: 0/7A wen 4-0; 0/8A wen 4-0; 0/9A wen 4-3; 0/10B wen 8-0; 0/10A verloor 1-6; 0/11A verloor 3-6; 2de wen 12-2; 1ste wen 5-4. Rugby: 0/7B wen 7-3; 0/7A wen 9-1; 0/8B wen; 0/8A verloor 3-5; 0/9A gelykop 0-0; 0/10A wen 52-0; 0/11A wen 14-0; 2de wen 49-0; 1ste wen 44-0.

Swemmers Die volgende swemmers het op Saterdag, 10 Mei die Zoeloeland Swemspan verteenwoordig tydens ‘n gala te Kingspark, Durban: Arnau Bosch, Dirk Grobler, Morné Odendaal, Jana Schoeman, Anika Smit, Marnus Smith, Muller Smith, Jano Strydom, Nicea Strydom, Jaco van der Merwe, Mieke van der Walt, Berné van Heerden, Henry van Wyk, Nadine van Wyk Ons is trots op elke swemmer wat baie moes opoffer om aan hierdie gala deel te neem!

Dankie aan mnr. Pieter Venter en al ons ouers vir betrokkenheid en ondersteuning.

LMS KALENDER 17 Mei – Piet Retief Wintersport 17 Mei – Mini-toernooi Utrecht

Related Articles

Back to top button