LMS – Inwyding van die onthaal en konferensiesaal

DIE ANNATJIE Odendaal Saal is op Dinsdag, 22 April, amptelik oorhandig deur mnr en mev At Odendaal by ‘n geselligheid wat in die AO Saal aangebied is. Mev Annatjie Odendaal was vanaf 1987 tot 2013 verbonde aan LMS as Grondslagfase Onderwyser en later as Departementshoof van Fase 1. Haar eggenote het as blyk van waardering …

DIE ANNATJIE Odendaal Saal is op Dinsdag, 22 April, amptelik oorhandig deur mnr en mev At Odendaal by ‘n geselligheid wat in die AO Saal aangebied is. Mev Annatjie Odendaal was vanaf 1987 tot 2013 verbonde aan LMS as Grondslagfase Onderwyser en later as Departementshoof van Fase 1. Haar eggenote het as blyk van waardering en om haar liefde vir skoolhou, onderwysers en veral die kinders te demonstreer, besluit om die saal as aandenking op te rig. So ‘n positiewe gebaar teenoor enige instansie is baie oorweldigend en personeel, ouers en leerlinge het groot waardering en groot dankbaarheid vir hierdie puik en praktiese toevoeging tot ons skool. Met so ‘n groot skenking was daar ook verskeie ander instansies wat op ander wyses bygedra het tot die fasiliteit. Met dank aan mnr Mossie Mostert vir elektriese werke, mnr Jan-Daniël Kruger (PG Glas), mnr Arthur Sharp (Arthur’s Woodcraft), mnr Pieter Muller (Vryheid Staal) en mnr Hendrik van Rensburg wat al die kleedkamers van die leerlinge en volwassenes laat lyk het soos foto’s uit albums van ster gastehuise. Saam met die bou van die nuwe saal het mnr Odendaal ook die bestaande snoepie en toiletgeriewe uitgebrei en vergroot. Met LMS se mini-toernooi het ons alreeds die waarde van al die verbeteringe beleef toe 45 spanne aan die toernooi deelgeneem het. Algemeen: Na die ontwrigting deur vakansiedae die afgelope tyd vertrou ons dat sake weer normaal kan verloop. Ons wens ook alle leerlinge en personeel sterkte toe met die hervat van akademiese en sportverpligtinge. LMS Kalender: 10 Mei – Egerton Wintersport 14 Mei – Pongola Wintersport

Mev Drika Coetzee, Mnr At en Mev Annatjie Odendaal, en Mnr Peet Coetzee.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version