Landbou dogters domineer die kwartaal

Mnr Anton van der Schyff is aangewys as die bestuurder van die SA Proteaspan.

DIE AFGELOPE Saterdag, 12 April, speel Landbou baie genotvolle en suksesvolle wintersportwedstryde teen Amajuba in Newcastle.

Die gees was uitsonderlik! Landbou se tweede rugbyspan speel teen Amajuba 1ste span en wen 40-28.

O/15 rugbyspan wen 44-5. Die hokkiespan wen 2-0 en die eerste netbalspan se wentelling is 27-3.

Die o/ 16 netbal wen 14-2, o/15 wen 10-6 en o/14 speel gelykop 10 elk. Een van ons rugbyspelers, N. Xaba het ‘n neusbreuk opgedoen.

Baie dankie aan mnr. Slump en Moller wat hom bygestaan en versorg het.

Personeel: Mnr. Anton van der Schyff (Plaasbestuurder) het die afgelope naweek, 12-13 April, deelgeneem aan die SA Meesters Tentpeggingbyeenkoms waar hy drie goue medaljes en een bronsmedalje ontvang het. Hy is aangewys as die bestuurder van die SA Proteaspan.

Baie geluk Mnr. Van der Schyff!

Akademie: Baie geluk aan die volgende leerders wat aangewys is as top presteerders in elke onderskeie graad: N. Ntshangase (gr 8) 83%; N. Kunene (gr 9) 83%; T. Gama (gr 10) 90%; V. Zulu (gr 11) 68% en S. Dlamini (gr 12) 81%.

Die dogters voer die bo-toon op akademiese gebied. Al die top presteerders in alle grade is almal dogters. Daarmee dus ‘n uitdaging aan die Landsbouseuns om hulle die stryd aan te se en volgende kwartaal te domineer! Hoe lyk dit seuns?

Day Star dissipelskapkursus: ‘n Groot groep van 80 Landboukoshuisleerders volg die Day Star dissipelskapkursus waarvan 36 leerders reeds die kursus voltooi en hul sertifikate daarvoor ontvang het.

Nog 13 leerders volg Vlak 1 in die dissipelskapkursus en ‘n groep van nog 23 leerders volg.

‘First step in obedience’ kursus: Baie dankie aan Mev. Valentine vir haar besonderse toewyding, entoesiasme en leierskap met die SCA by Landbou.

Die tyd-belegging in die leerders is onmeetbaar in terme van groei en ontwikkeling op geestelike gebied.

Paasnaweek: Ons wens al ons leerders en personeel ‘n geseende Paasnaweek toe en ‘n veilige reis en terugkeer na die naweek.

Vryheid Landbou High School Open Day, May 24: Applications for admission to Landbou in 2015 are open. The school will have their Open Day on Saturday, May 24 this year. Proceedings will start at 08:00am.

Aspiring learners and their parents are invited to attend this day to learn more about the school and submit applications.

Forms are available at www.vryheidlandbou.co.za, as well as at the school.

Contact details of school:

eMail: admin@vryheidlandbou.co.za / Fax 034 9826008 / Tel: 034 982 6005/6/7 for any enquiries.

Exit mobile version