LMS: Redenaars presteer

OP WOENSDAG, 16 Oktober is daar geleentheid aan LMS se redenaars gebied om hulle talente ten toon te stel. Die kompetisie word jaarliks aangebied vir junior leerlinge (Graad 4 en 5) asook senior leerlinge (Graad 6 en 7). Die volgende leerlinge het ingeskryf: Juniors: Jaunré Botes, Anrie Janse van Rensburg, Cayla Putter, Chené Stear en …

LMS Redenaars saam met Mej Marinette Malan; Voor: Cayla Putter, Mieke vd Walt, Anrie Janse van Rensburg en Chene Stear. Agter: Anke Slump, Jealindre Botes, Jana Schoeman, JJ Foord en Anlie Knoetze.
LMS Redenaars saam met Mej Marinette Malan; Voor: Cayla Putter, Mieke vd Walt, Anrie Janse van Rensburg en Chene Stear. Agter: Anke Slump, Jealindre Botes, Jana Schoeman, JJ Foord en Anlie Knoetze.
OP WOENSDAG, 16 Oktober is daar geleentheid aan LMS se redenaars gebied om hulle talente ten toon te stel. Die kompetisie word jaarliks aangebied vir junior leerlinge (Graad 4 en 5) asook senior leerlinge (Graad 6 en 7).
Die volgende leerlinge het ingeskryf: Juniors: Jaunré Botes, Anrie Janse van Rensburg, Cayla Putter, Chené Stear en Mieke van der walt. Seniors: JJ Foord, Anlie Knoetze, Anke Slump en Jana Schoeman.
Al hierdie leerlinge het met selfvertroue en waagmoed hul standpunte gestel en die gehoor het letterlik aan elkeen se lippe gehang. Alhoewel elkeen van hierdie sprekers ‘n wenner in eie reg was verdien die volgende wenners gelukwense: Chené Stear – Junior Redenaar en JJ Foord – Senior Redenaar.
Baie dankie aan die volgende beoordelaars: Mev. Annemarie Fourie, Mev. Annelie Vermaak en Mev. Tienie Meyer. Mej. Marinette Malan verdien ook lof vir haar betrokkenheid en tref van reëlings.
LMS KOSHUIS KERSETE: Hierdie jaarlikse prestige geleentheid het plaasgevind op Dinsdag, 15 Oktober. Alle personeel verbonde aan die koshuis, met die hulp van leerlinge, het weer geen moeite ontsien met die versiering van die tafels nie. Die drie-gang maaltyd was weer eens puik en matrones en werkers het gesorg dat daar heerlik geëet kon word. Baie dankie.
Die uitdeel van geskenke was soos altyd ‘n hoogtepunt. Mnr. Coetzee, die hoof het ook by die geleentheid ‘n sertifikaat oorhandig aan Alina Ngema, vir 30 jaar getroue diens by die koshuis. Baie dankie aan Mnr. en Mev. Smith wat as “koshuisouers” op hul mooi manier diens lewer ten opsigte van die bestuur van ons koshuis. Alle diensdoenende personeel gee ook onmisbare ondersteuning en daarvoor sê ons ook dankie.
GRAAD R DIPLOMAPLEGTIGHEID: Op Donderdag, 17 Oktober kon daar aan 42 graad R leerlinge “diplomas” gegee word, ‘n belangrike lisensie vir die groot skool. Die aand het pragtig verloop met Mnr. Peet Coetzee wat die sertifikate oorhandig het. Mev. Carin Lombaard het die kleuters, in samewerking met personeel, pragtig afgerig en met hul liedjies menige ouer en grootouer ‘n traan laat wegpik. Baie dankie aan Mev. Lydia Moolman en haar span vir ‘n pragtige aand.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version