In Memoriam – Tienie Ferreira

ONS as familie, wil baie graag hiermee baie dankie sê vir die bemoeienis wat almal met ons gemaak het na die afsterwe van my man, ons pa en oupa, Tienie Ferreira.

 

ONS as familie, wil baie graag hiermee baie dankie sê vir die bemoeienis wat almal met ons gemaak het na die afsterwe van my man, ons pa en oupa, Tienie Ferreira.

Daar was soveel boodskappe, besoeke, blomme, kos en hulp aangebied, dat ons ontmoontlik elkeen persoonlik kan bedank. Tienie het vir 30 jaar in die Paulpietersburg en Beaufort-Wes omgewing geboer en vir die laaste 13 jaar in Vryheid verskeie besighede bedryf. Ons sal hom altyd onthou as ‘n hardwerkende, regverdige man wat mooi goed kon maak en ‘n onblusbare entoesiasme gehad het vir alles wat interessant en uniek is (daarvan getuig ook sy liefde vir veteraanmotors).

Ons sal hom baie mis, maar ons is tevrede dat ons weet hy het die goeie wedloop gehardloop en die wenstreep bereik. Sy vertroue in die Here het hom nooit in die steek gelaat nie.

Mara Ferreira en kinders.

Find us on: twitterFacebook,  and on Whats App 060 986 0731.

Exit mobile version