Jong visserman breek verskeie rekords

Braam het tydens die kompetisie ook 'n Koninginvis van 10,9 kilogram gevang

Braam Booysen (10) het die naweek van 4-6 Julie deelgeneem aan die Interklub Diepseehengelkompetisie. Hy het in die 0/16-ouderdomsgroep deelgeneem en sy span het vierde uit 21 spanne geeïndig. Die kompetisie het ouderdomsgroepe van 0/16, 0/19 en 0/21 ingesluit.
Braam het tydens die kompetisie ook ‘n Koninginvis van 10,9 kilogram gevang, wat nie net die Suid-Afrikaanse rekord gebreek het nie, maar ook die Alle Afrika record. Sy lyn en aansoek is reeds op pad na Amerika om te bevestig dat hy ook die Wêreldrekord verbeter het.

ALSO READ: Personal Best records smashed at weekly Park run

The news provided to you in this link comes to you from the editorial staff of the Vryheid Herald, a sold newspaper distributed in the Vryheid area.

Exit mobile version