Maraton-atlete neem deel aan verskeie wedlope

Bruce Fordyce sal Saterdag, 4 Maart, om 15:00 in Vryheid wees by Assembly of God

Die Piet Retief Assegaai Maraton was goed ge-organiseerd, met heerlike sonnige weer. Dit was ‘n ‘out and back’ op die Mahambapad. Die natuurskoon was asemrowend met oorvol watertafels langs die pad. Die eerste 21.1km van die wedloop was vinnig en gemaklik, maar na die eerste 11km van die terug draai punt was ‘n uitdaging aangesien dit al die pad opdraande was. Die Vryheid Atletiekklub-komitee wil graag vir almal geluk wens en veral die atlete wat hul eerste maraton gehardloop het en ook gekwalifiseer het vir Comrades 2023.
Ons wil graag almal nooi om Donderdae die ‘Time Trials’ by te woon om 17:30 by Pionier VAC Klubhuis en kom deel raak van die klub. Bruce Fordyce sal Saterdag, 4 Maart, om 15:00 in Vryheid wees by Assembly of God (15 Nyala Drive). Daar is ‘n R50-kontant ingangsfooi. Daar sal ook ‘n kontant kroeg beskikbaar wees. Die ingangsfooi sluit ‘n ‘big slice of pizza’ en ‘n geselsie met Bruce in. Sy boek sal ook beskikbaar wees teen R200 met ‘n handtekening. Kontak Melissa op 064 007 3924 vir meer inligting.

Assegaai Maraton uitslae is soos volg:
42.2km:
Andrea de Beer – 4:25 (vierde dame)
Vlam de Beer – 4:25
Martin Schoeman – 4:29
Tholiwe Hlope – 4:47
Kobus vd Merwe- 5:56

21.1km:
Johann Coetzee – 2:57:45
Lizelle van Rooyen – 2:19
Cathy de Beer – 2:57:45 (tweede in haar ouderdomsgroep)

Battlefields Newcastle Maraton uitslae is soos volg:
42.2km:
Paula Small – 4:24

ALSO READ: VRYHEID KZN: Successful AGM for Vryheid Athletic Club

The news provided to you in this link comes to you from the editorial staff of the Vryheid Herald, a sold newspaper distributed in the Vryheid area.

Exit mobile version