Pionier hou gholf-spelers op hul tone

Hierdie prettige dag gee aan almal die geleentheid om ‘n hou of 20 in te kry, of jy nou ‘n ervare speler is of nie

Na maande se beplanning, voorbereiding, oproepe en kopkrap het die gholfdag uiteindelik aangebreek, ‘n groot hoogtepunt op die Pionier-kalender. Pionier se gholfdag het reeds op Donderdag afgeskop. Die gholfers kon op Donderdag en Vrydag aan die syfer-3 kompetisie deelneem, en Saterdag was dit die 2-bal ‘American Scramble’ kompetisie. Pionier het byna 150 gholfers op die sonnige, tog winderige dag verwelkom. Hierdie prettige dag gee aan almal die geleentheid om ‘n hou of 20 in te kry, of jy nou ‘n ervare speler is of nie.

Die uitslae is as volg: eerste – B Ackerman en D Potgieter; tweede – M Mtshali en A Adams; derde – S Beni en B Nkosi; vierde – A Badenhorst en B van Eeden; vyfde – D Naudé en R Boshoff; sesde – G Ellis en J Erasmus; sewende – P Malan en V Kriel; agtste – H Gevers en P Lombaard; negende – J de Villiers en E Krause; 10de – A Smit en A Gerber; 11de – R Koch en A Smith; en 12de – R van Heerden en P Fraser.
‘Most Golf’ – P van Niekerk en N Minnie
Naaste aan die penne: gat 4 mans – E Kruger; gat 4 dames – H Venter; gat 13 mans – L Nel; gat 13 dames – A Gerber; gat 9/18 mans – H Gevers; gat 9/18 dames – N Badenhorst; gat 7 mans/dames – G Foster; gat 16 mans/dames – P Malan; gat 8/17 vir twee mans/dames – H Gevers.
Uitslae vir syfer-3 kompetisie (Donderdag en Vrydag):
Nett: 1 – M van Niekerk; 2 – T Bezuidenhout; 3 – N Pelzer.
Gross – K Gevers.
Naaste aan die pen op gat 9 – E Krause.

Graag wil ons aan elke deelnemer dankie sê vir julle lojale ondersteuning. Ons glo en vertrou dat elke gholfer die dag geniet het en sommer weer volgende jaar sal inskryf. So ‘n dag kan natuurlik nie sonder borge en donateurs plaasvind nie. Ons wil graag elke borg en donateur uit die diepte van ons hart bedank. Baie geluk aan die wenners van die verskillende afdelings.

ALSO READ: Pioniers presteer

The news provided to you in this link comes to you from the editorial staff of the Vryheid Herald, a sold newspaper distributed in the Vryheid area.

Please follow us on our YouTube channel and do not be shy; please subscribe and comment as well. 

Or for the latest news, visit our webpage or follow us on Facebook and Twitter. Join us there!

Exit mobile version