Schools galleriesVryheid Herald

Seuns vaar goed by 7s-toernooi

Met die derde kwartaal wat spoedig tot ‘n einde gekom het, wens ons almal ‘n kort maar welverdiende vakansie toe

Pionier se O/17 en O/15 sewesspanne het die afgelope naweek aan Hoërskool Kanonkop se 7s-toernooi te Middelburg gaan deelneem. Die uitslae is soos volg:

O/17: verloor teen Middelburg Hoër 0-46, verloor teen Lydenburg Hoër 5-17, verloor teen Helpmekaar College 0-59 en verloor teen Steelcrest High 12-21. Die seuns speel teen Oosterland in die ‘Bowl’-finaal en wen 45-14. Baie geluk.

O/15: verloor teen Middelburg Hoër 0-36, wen teen Lydenburg Hoër 36-19, verloor teen Helpmekaar College 7-65 en wen teen Steelcrest High 45-0.

Krieket:

Baie geluk aan Xiah Labuschagne wat in die O/16 KZN Inland-span ingesluit is. Zelma Böhmer is as nie-reisende reserwe aangewys.

Graad 9-inligtingsaand:

Op Maandag, 26 September, is die Graad 9-inligtingsaand gehou. Ons glo en vertrou nou dat u en u kind die regte vakkeuses kan maak. Graag wil ons vir Doktor L Moolman baie dankie sê vir die wyse waarop sy die Graad 9-aanlegtoetse hanteer het. Ons waardeer dit opreg.

Derde kwartaal:

Met die derde kwartaal wat spoedig tot ‘n einde gekom het, wens ons almal ‘n kort maar welverdiende vakansie toe. Skole heropen weer op Dinsdag, 11 Oktober.

Die proefeksamen het tot ‘n einde gekom en die matrieks kan uiteindelik na hul matriekafskeid uitsien. Ons weet sommer julle gaan almal sjarmant en pragtig lyk.

ALSO READ: Pioniers presteer

The news provided to you in this link comes to you from the editorial staff of the Vryheid Herald, a sold newspaper distributed in the Vryheid area.

Please follow us on our YouTube channel and do not be shy; please subscribe and comment as well.

Or for the latest news, visit our webpage or follow us on Facebook and Twitter. Join us there!

Related Articles

 
Back to top button