BlogsDie WoestynrotOpinion

Wanneer ons die vrugte van ‘n oorwinning moet pluk…

Die wêreld is in 'n ophewing waar dinge wat in die verlede goed was, nou sleg geword het, en die waarheid het die leuen geword

Die dae to my ou moeder nog Nasionale Party Hoofbestuurslid in SWA was, en ook ‘n spesiale kruisvaart gevoer het vir die wel en weë van Nasionale Dienspligtiges wat om een of ander rede in die moeilikheid geraak het, was nou die soort dae wat die Engelse “heady days” sou genoem het.
My pa was minder spraaksaam in die openbaar as wat sy was, maar boeta, as sy die dag die podium in daai stadsraad gevat het, dan kon jy die outop se hand agter haar toespraak sommer gesien het.
Veral as sy moes waterstories praat. Die oukêrel was ‘n hidroloog wat vir die staat gewerk het, en daar was niks wat enigeen hom oor waterherwinning of –voorsiening sou kon vertel nie. Sy het aan my vertel dat sy die dag wat sy uit die Hoofbestuur gestap het, so kwaad was vir rigiede, onbuigbare ou manne wat so hard aan die verlede vasgeklou het, dat hulle op byna boefagtige wyse van mense soos sy verskil het oor sake van die dag.
Die sinne duisel as ek vandag nog wonder wat sy op plaaslike regeringsvlak sou kon vermag as sy vandag nog geleef het. Heelwat van ons plaaslike burgermeesters sou nie ‘n vergadering in haar kantoor oorleef het nie. Sy het vandat ek kon onthou, sewe broertjies dood gehad aan die tipiese Suid-Afrikaanse verskoning vir slegtigheid wat vandag aan die groot klok gehang word. Die idee dat dit altyd iets, of iemand anders se skuld is dat iemand vir korrupsie uitgeloop word, en die hoofverskoning van alles, “apartheid made me do it.” Sy het een aand aan my vertel hoe sy en haar pa na die verkiesingsuitslae by die bure geluister het, en hoe sy van die een miershoop na die ander gespring het terwyl sy juig, “ons het gewen…!”
Oupa Naas het haar so gekyk, en gesê dat haar kinders eendag die vrugte van hierdie oorwinning sou pluk. Hierdie ou man, wat een van die mees onbesproke en geslypte here was wat ek ooit die voorreg gehad het om te ken, en wat ‘n vriend van Jopie Fourie was, het met sy vlymskerpe insig daartyd tyd al geweet wat op ons wag.
Die wêreld is in ‘n ophewing waar dinge wat in die verlede goed was, nou sleg geword het, en die waarheid het die leuen geword. My mense is herderloos, en klou verbete vas aan enige drogreligie of messias wat verby kom en redding beloof. Die kerk, waarin my ma my grootgemaak het, het ‘n kerk met feilbare leraars geword.
Ons word boonop ook met ‘n media- en politieke elite geteister wat op boefagtige wyse hulle beleid en planne op grondvlak met brandende bande en vlieënde klippe implementeer. Waar is die dae wat jy die aanklagkantoor kon skakel en ‘n probleem rapporteer…?
Tot en met ons mense een heil op die horison kan sien, gaan daar nog stoele en waterflesse op politieke vergaderings rondgeslinger word, en Amerikaanse presidente ons as ‘n “dangerous mess” tipeer. Wie het dit ooit gedink..? veral na die Groot Vryheid en die skielike skatryke politici, wat vroeër nie eers kon skoene koop nie, wat oor die ongewasde gepeupel kom neerdaal het in 1994…? Waar is Scotty….?

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button