Local newsVryheid Herald

Inwoner vier 90 gesonde jare saam met familie

Ouma Joey het nog ‘n ongelooflike skerp sin vir humor vir haar ouderdom

Ouma Joey (Johanna) Botes,‘n inwoner by Sanjos Ouetehuis, het Vrydag haar 90ste verjaarsdag gevier. Die Vryheid Herald het Ouma Joey (of soos haar familie haar noem, Ouma Baby) gaan verras deur net so bietjie met haar te gesels Oor haar geheime tot ‘n lang lewe en ‘n jeugdige gees te behou. Sy het soos ‘n ondeunde dogtertjie gegiggel en vertel dat dit harde werk is wat haar so soepel en jonk van gees gehou het deur al die jare. Sy het haar eie huiswerk en tuinwerk gedoen en self na haar kinders omgesien. Met ‘n glinster in haar oog dwaal haar gedagtes terug na die verlede waar sy vir etlike jare op Vrede in die Vrystaat groot geword en gewoon het. Sy woon nou ongeveer 10 jaar in Vryheid, naby haar kinders. Ouma Joey het ‘n ongelooflike skerp sin vir humor en het verskeie kere ‘n grappie ingewerk en dan self lekker hardop gelag. Ouma Joey se kinders en kleinkinders het haar met ballonne, snuisterye en kolwyntjies verras, terwyl die res van die inwoners ook gedeel het in die feesvieringe. Ouma Joey se raad aan jongmense van vandag is: “Hou vas aan en dien die Here, en kom meer gereeld in die kerk, want vandag se jongmense gaan nie meer kerk toe nie.” Hier raak sy vir ‘n oomblik bietjie meer ernstig.

Baie geluk met jou 90ste verjaarsdag, Ouma Joey!

ALSO READ: ‘Mother of Culture’ plants trees for her birthday

The news provided to you in this link comes to you from the editorial staff of the Vryheid Herald, a sold newspaper distributed in the Vryheid area.

Related Articles

Back to top button