SchoolsVryheid Herald

Pionier presteer in sport en kultuur

Anika Dedekind neem 31 Maart tot 1 April aan die BJI-skyfskietkompetisie te Middelburg deel

Oratorsaand:
Pionier was weer bevoorreg om vanjaar, op Woensdag, 22 Maart, ons unieke Oratorsaand te kon aanbied.
Ons skop ons laatmiddag-oratorsaand om 17:30 af. Gewapen met notas in die hand en ‘n ondersteuner aan die sy, sprook elke redenaar trots sy spraak. As gevolg van die groot getal senior sprekers, word dit weereens ‘n laat, dog gesellige en uiters geslaagde aand. Baie dankie aan elke uiters bekwame -en ervare beoordelaar vir julle goeie gesindheid jeens Hoërskool Pionier.
Baie geluk aan elkeen van ons redenaars. Ons sien saam met julle uit na die volgende kompetisie, wat die eerste uitdunronde van die ATKV-redenaars sal wees. Hierdie groot gebeurtenis vind DV op 24 April plaas en Hoërskool Pionier het vanjaar weer die geleentheid om as gasheer op te tree. Ons is superopgewonde!
Die uitslae is as volg:
Huistaal Juniors Voorbereid (Graad 8 en 9):
Eerste – Wijtske Fourie en Mia Bosman
Tweede – Mia Pienaar
Derde – Christiaan Rix
Vierde – Kyla Bosman
Huistaal Seniors Voorbereid (Graad 10 tot 12):
Eerste – Lené Janse van Rensburg
Tweede – Aimeé Bosman
Derde – Zoé Richards
Vierde – Susan Gregory
Huistaal Seniors Onvoorbereid:
Eerste – Lianca Landman
Tweede – Susan Gregory
Derde – Amelda Ungerer
Vierde – Ju-André Vlok

Sport teen Hoërskool Vryheid:
Die opgewondenheid het in elke leerder en deelnemer geborrel om op Donderdag, 23 Maart, teen ons buurskool deel te neem. Almal weet dis ‘n groot dag vir die Vryheid-gemeenskap en die leerders het nie teleurgestel nie. Dit was ‘n geleentheid uit die beste sportboeke uit.
Uitslae:
Rugby:
O.14’s verloor 24-32;
O.15’s verloor 3-21;
O.16’s verloor 15-27;
Tweedes verloor 7-8;
Eerstes speel gelykop 17-17.
Netbal:
O.14A’s wen 12-10;
O.14B’s verloor 6-17;
O.15’s wen 23-13;
O.16’s verloor 15-17;
Tweedes wen 23-10;
Eerstes wen 27-10.
Hokkie:
O.14’s wen 8-0;
O.15’s wen 9-0;
O.16’s wen 10-0;
Eerstes wen 7-1;
Seuns verloor 0-1.
Netbalpresteerders:
Die volgende netbalspelers het hul uitstekend van hul taak gekwyt om na die eerste proewe (vir die Bhekuzulu-CMC-spanne) gekies te word om op 28 Maart by VHS aan die Zululand-proewe deel te neem:
O.14: Micke de Jager, Leané Janse van Rensburg, Leandri Grobler en Neriska Hamman.
O.15: Mia Pienaar, Clarissa Scheepers, Liané Rabe en Natasha du Toit.
O.16: Minke Mentz.
O.18: Laché Smith.

Pioniers-vir-Christus-kamp:
Die afgelope naweek het die Pioniers-vir-Christus-groep uiteindelik, na ‘n baie lang en besige kwartaal, tyd gekry om by die Here se voete te sit.
Vrydagaand het hulle lekker ontspan deur speletjies te speel. Saterdag was ook darem nie net ernstig nie – hulle het teen Vryheid-berg opgestap en daar gaan bid. Saam het hulle gekuier, gelag, gehuil, gebid, diep genesing het plaasgevind en die kinders het die Here as hul Verlosser aangeneem. Herlewing het onder die groep kinders uitgebreek.
Ons sien uit na die volgende PVC-kamp wat in Julie plaasvind.
Krieket:
Pionier is baie trots op Xiah Labuschagne, wat in die KZN-span ingesluit is, asook Janko Hattingh, wat uitgenooi is om aan die Binneland-proewe deel te neem. Veels geluk!
Op die kalender:
Ons eerstespanrugby vertrek Maandag, 27 Maart, om aan die Parys-rugbyweek deel te neem.
Die netbal- en hokkie-eerstespanne vertrek volgende week op hul onderskeie toere.
Die O.14-, O.15- en O.16-rugbyspanne neem volgende week aan die Pionier-rugbyweek deel.
Anika Dedekind neem 31 Maart tot 1 April aan die BJI-skyfskietkompetisie te Middelburg deel. Die SA-span, wat in Augustus na Brittanje toer, word tydens hierdie kompetisie gekies.
Geniet die vakansie.

ALSO READ: Pionier presteer op sportgebied

The news provided to you in this link comes to you from the editorial staff of the Vryheid Herald, a sold newspaper distributed in the Vryheid area.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button