Newcastle AdvertiserSchools

In gesprek met Volkie se top-presteerder, Shanelle Venter

Volkies wil graag weet wat dit is aan Hoƫrskool Volksrust wat leerders soos Shanelle laat uitstyg bo die res.

Hoƫrskool Volksrust gesels met Shanelle Venter, top-presteerder van 2021, waar sy 7 onderskeidings en 90% as gemiddeld behaal het.

Dit maak haar een van die top-presteerders in die land!

Volkies wil graag weet wat dit is aan HoĆ«rskool Volksrust wat leerders soos Shanelle laat uitstyg bo die res of is leerders soos sy maar net baie talentvol gebore ā€¦

Gee bietjie meer agtergrond oor wat jy na skool gedoen het, waar jy jou tans bevind en waarmee jy jouself besig hou:
Ek het direk na skool, in 2022, in die mediese rigting, B Sport Science, by die Universiteit van Pretoria begin studeer, en is tans besig met die 2de jaar van studies.

My doel is om ā€˜n Bsc Hons (Biokinetics) te behaal. Ek speel ook verskeie sporte vir Tuks.

Was daar ooit enige twyfel in jou hart dat Volkies die skool vir jou is:
Nee, ek was deur baie bronne bewus gemaak dat Volkies ā€˜n sterk skool in beide akademie en sport is, dus was daar geen twyfel in my oor Volkies nie.

Hoekom het jy Hoƫrskool Volksrust gekies as skool vir jou hoƫrskoolloopbaan:
Dit was vanselfsprekend! Met my boetie, Marnus Venter, se prestasies in akademie en atletiek het ek geweet dat Volkies die skool vir my was om my hoƫrskoolloopbaan mee te voltooi.

Sy prestasies het my verseker dat die onderwys en sportafrigting van top gehalte is, dus het ek Volkies gekies.

Dink jy die plattelandse omgewing van Volksrust was tot voordeel of tot nadeel vir jou hoƫrskoolloopbaan:
Die platteland se rustigheid was en is steeds my hart se punt en ek sou niks wou verander aan waar ek my hoƫrskoolloopbaan voltooi het nie.

Die voordeel daarvan het grootliks te make met die feit dat die klasse kleiner as in die stede is, die onderwysers die leerlinge ken en gewilling is, asook die tyd het, om hulle te help sodat elkeen sy of haar volle potensiaal bereik.

Wat het vir jou uitgestaan by Volkies oor die jaar wat jy daar spandeer het:
Die grootste ding wat vir my uitgestaan het is hoeveel die onderwysers vir die leerlinge omgee.

Dit kry jy nie op universiteit nie. Ek waardeer elkeen van die onderwysers wat my soveel moed ingepraat het wanneer ek wou touopgooi. Ek wil veral vir Juffrou Smit, Juffrou Taljaard, en Juffrou Senzi dankie sĆŖ vir die voorbeeld wat hulle vir my was.

Hulle was vir my ā€˜n toonbeeld van volharding gedurende moeilike tye.

Akademie is sekerlik nie jou enigste talent nie. Het Volkies ander talente wat jy ontvang het ook bevorder of voel jy dat Volkies meer kon gedoen het:
Volkies het vir my aantal geleenthede gegee om beide my kuns en atletiek te beoefen.

Ek het aan verskeie kunskompetiesies en atletiek wedrenne deelgeneem en verseker elke geleentheid geniet.

Verduidelik wat dit vir jou beteken het om by jou ouers te bly as jy ʼn dagskolier was. Verduidelik hoe jy die koshuis ervaar het, as jy ʼn inwoner daar was:
Ek is baie dankbaar vir my ouers se geduld en liefde vir my.

Ek was bevoorreg om elke dag hartsmense te hĆŖ wat my aanmoedig wanneer ek by die huis kom.

Hulle het vir my die baan gewys en nou weet ek dat ek elke las van my af kan afgooi en die wedloop wat voor my lĆŖ met volharding kan hardloop, my oĆ« gevestig op Jesus, die Begin en Voleinder van die geloof (HebreĆ«rs 12:1).

Op watter gebiede sou jy sĆŖ behoort Volkies te verbeter en wat is jou voorstelle:
Die waardes van ā€˜n skool is uiters belangrik.

Hou aan om toenemende klem op die waardes van die skool te lĆŖ sodat leerders ook in karakter uitblink. Hou so aan, Volkies ons trots!


The news provided to you in this link has been investigated and compiled by the editorial staff of the Newcastle Advertiser, a sold newspaper distributed in the Newcastle area. Please follow us onĀ YoutubeĀ and feel free to like, comment, and subscribe. For more local news, visit ourĀ webpage, follow us onĀ FacebookĀ andĀ Twitter, and request an add on our WhatsApp (082 874 5550).

Related Articles

Back to top button