ReviewsVryheid Herald

Nealbyt Plattelandse Pennevrug

In 2015 is Saliger, ‘n speurverhaal of krimi, soos wat dit in die omgangstaal bekend staan vir publikasie aanvaar waarna Vrediger en Heiliger in 2016 en 2017 onderskeidelik gevolg het.

Die bekende Afrikaanse gesegde : “Die woord is magtiger as die swaard” kom weliswaar tot sy volle reg in die Noord-KwaZulu-Natalse platteland! Met die bekendstelling van die nuutste roman Buit in 2022 deur die skrywer Dibi Breytenbach, word cliché’s oor talent veral skrywerstalent en des te meer Afrikaanse skrywerstalent, in die kiem gesmoor!

Dibi woon al etlike jare lank in Vryheid. Die meerderheid inwoners ken haar as Dibi Symington. Sy het nog haar hele lewe lank ‘n groot passie vir skryf maar het eers na ‘n foutiewe kankerdiagnose in 2014 die besluit geneem om ‘n manuskrip waaraan sy op daardie stadium gewerk het, aan LAPA-uitgewers vir keuring voor te lê.

In 2015 is Saliger, ‘n speurverhaal of krimi, soos wat dit in die omgangstaal bekend staan vir publikasie aanvaar waarna Vrediger en Heiliger in 2016 en 2017 onderskeidelik gevolg het. Daarna het sy haar hand aan nog ‘n drieluik, steeds in die misdaadgenre, gewaag. Dowe Gode, Blinde Gode en Stom Gode het in 2018, 2019 en 2020 verskyn. Besonders noemenswaardig is dat Vrediger en Heiliger beide vir Huisgenoot Tempo-toekennings benoem is en al ses boeke in beide trilogieë vir ATKV-Woordveertjies!

In Buit – haar jongste toevoeging wat in 2022 by Kwela – ‘n druknaam van NB Uitgewers verskyn het, word ‘n totale nuwe rigting ingeslaan. Hierdie boek wat tans opslae maak is ‘n spanningsverhaal vol aksie en naelbyt en speel in die buurland Mosambiek af teen die agtergrond van die insurgensie in die Cabo Delgado-provinsie. Die boek, waarvan groot gedeeltes in die werklike tyd met die insurgensie in Cabo geskryf is, behels onder andere insurgente, privaat militêre kontrakteurs, joernaliste (die hoofkarakter is Phoebe Maritz wat juis ‘n joernalis is), Islamitiese djihadiste en ‘n bloeddorstige, kannibalistiese reeksmoordenaar. Die bekende spanningsverhaalskrywer, Rudie van Rensburg, beskryf Buit

2.

soos volg: “Tergend, angswekkend en onthutsend,” terwyl Karin Brynard wat bekend is vir haar romans Plaasmoord en Onse Vaders, se beskrywing is: “Knetterende aksie, spanning en opwinding. Dibi Breytenbach verskuif alle grense vir Afrika-lektuur. ‘n Kragtoer.” Dibi se eie mening van die boek is: “’n Hardebaardriller met ‘n politieke inslag.” Die beskrywings daarin is grafies en kan vir die sensitiewe leser op die proef stel.

Binnekort gaan Kwela, die plaaslike ATKV-takke asook Hoërskool Pionier ‘n groot aandeel hê om Buit in Vryheid amptelik bekend te stel.

The news provided to you in this link comes to you from the editorial staff of the Vryheid Herald, a sold newspaper distributed in the Vryheid area.

Please follow us on our YouTube channel and do not be shy; please subscribe and comment as well.

 for the latest news, visit our webpage or follow us on Facebook and Twitter. Join us there!

Related Articles

Back to top button