Local newsNewcastle Advertiser

Totsiens aan bekende Ouma Martie

Sy word oorleef deur 4 seuns, 8 kleinkinders en 10 agterkleinkinders.

Ma, ouma, oumagrootjie, vriendin en juffrou – Martie Jacobs is op Vrouedag (9 Augustus) op die ouderdom van 96 jaar in Newcastle oorlede.

Sy het van 1967 tot 1974 by Newcastle Senior Primêre Skool skoolgehou. Daarna het sy in Belfast en Richardsbaai skoolgehou. Na aftrede was Ouma Martie vir 35 jaar op Utrecht woonagtig.

Sy word oorleef deur 4 seuns, 8 kleinkinders en 10 agterkleinkinders.

Kan ek my vriend ‘n diens bewys, laat niks my daarvan keer. Ek stap die korte lewensweg, net eenmaal en nie weer,” was haar lewensleuse.

Ouma Martie se familie sê sy was baie geliefd en sal baie gemis word.

Die roudiens van Ouma Martie word vanuit die NG-Kerk in Utrecht op 19 Augustus om 11:00 waargeneem.

Vir meer oor Ouma Martie, lees die komende uitgawe van die Newcastle Advertiser.


The news provided to you in this link has been investigated and compiled by the editorial staff of the Newcastle Advertiser, a sold newspaper distributed in the Newcastle area. Please follow us on Youtube and feel free to like, comment, and subscribe. For more local news, visit our webpage, follow us on Facebook and Twitter, and request an add on our WhatsApp (082 874 5550).

Related Articles

Back to top button