Local newsNewcastle AdvertiserNews

NEWCASTLE KZN: Hoërskool Volksrust is trots op landlopers

Volkies het die afrigter, Michael Freislich, bedank vir sy toewyding en geesdrif.

Noudat die landloop seisoen op ʼn einde gekom het, kan Hoërskool Volksrust met trots terugkyk na hul atlete se pragtige prestasies.

Hierdie leerders het die finale interhoër gehardloop op Piet Retief op Woensdag, 22 September en weer eens puik presteer.

Ndoni Nkosi het ‘n vierde plek behaal en Lindimusa Nkabinde is in die agste plek by die senior seuns. Kamva Matiwane het ‘n sewende plek by die junior seuns behaal.

Daarby word die liga voltooi en Volkies se junior seuns het derde plek in die liga behaal en het die derde plek interhoër wenner verower. Die senior seuns het ook die derde plek interhoër wenner behaal.

“Ons is baie trots op hierdie atlete en wil langs hierdie weg vir hulle afrigter, Michael Freislich, bedank vir die toewyding en geesdrif waarmee hy hierdie seuns gelei het.”


Contact us

WhatsApp: 082 874 5550

Email: Reveshni Douglas (Editor) at reveshni@caxton.co.za

Make sure you follow us for regular updates:

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button