Local newsNewcastle AdvertiserNews

NEWCASTLE KZN: Nuwe vakkeuses vir Volkies wat ‘gek’ oor sport is

Leerders wat tans in Graad 9 is sal hierdie vak kan neem as deel van hul vakpakket tot in matriek.

Hoërskool Volksrust is geweldig opgewonde om aan te kondig dat Sport en Oefenkunde (Sport and Exercise Science) vanaf 2022 aangebied sal word as ʼn vak.

Marietjie Steyn van Volkies het gesê, leerders wat tans in Graad 9 is sal hierdie vak kan neem as deel van hul vakpakket tot in matriek.

“Hierdie vak is ideaal vir leerders wat belangstel in die fisiologiese, biomeganiese, sielkundige, sosiologiese en motoriese ontwikkelingsaspekte van die menslike liggaam, spesiaal vir leerders wat gek is oor sport!”

Graad 9 leerders word ook herinner daaraan dat ʼn landbou studierigting beskikbaar is, veral gemik op die aspirant boere in die omgewing.

Op 2 September gaan Volkies ʼn Vakverkenning en Koshuisbekendstellingsdag hou vir alle Graad 9 leerders. Enige leerders wat belangstel om by te woon kan vir Junida Coetzee skakel by 017 735 2949.

Koshuisleerders by Volkies geniet ook enkelkamers wat nou met Kovid-19, infeksies heelwat beperk.

“Volkies is juis baie trots op die feit dat ons nog nooit nodig gehad het om die skool te sluit as gevolg van Kovid infeksies nie.”


Contact us

WhatsApp: 082 874 5550

Email: Reveshni Douglas (Editor) at reveshni@caxton.co.za

Make sure you follow us for regular updates:

Related Articles

Back to top button