NewsSchoolsVryheid Herald

VRYHEID KZN: Puik onnies by Pionier

NSS-uitslae 2020: Baie geluk aan die matriekonderwysers wat ‘n 100% slaagsyfer tydens 2019 en 2020 NSS, in hul onderskeie vakkodes, behaal het. Hoërskool Pionier het ook die volgende uitsonderlike prestasies behaal (NSS 2020): Beste Afrikaans Huistaal hoërskool in die Bhekuzulu-distrik; Beste Fisiese Wetenskap hoërskool in die Bhekuzulu-distrik; Beste Rekeningkunde hoërskool in die Bhekuzulu-distrik; Beste Wiskunde …

NSS-uitslae 2020: Baie geluk aan die matriekonderwysers wat ‘n 100% slaagsyfer tydens 2019 en 2020 NSS, in hul onderskeie vakkodes, behaal het. Hoërskool Pionier het ook die volgende uitsonderlike prestasies behaal (NSS 2020): Beste Afrikaans Huistaal hoërskool in die Bhekuzulu-distrik; Beste Fisiese Wetenskap hoërskool in die Bhekuzulu-distrik; Beste Rekeningkunde hoërskool in die Bhekuzulu-distrik; Beste Wiskunde hoërskool in die Bhekuzulu-distrik. Baie geluk aan elke onderwyser en matriekleerder met die puik prestasies. Ons is baie trots op julle!

Varswater-oewerhengel: Baie geluk aan Anco Opperman, JC van Rooyen en Carlo Strydom wat die KZN O/19 A-span vir varswater-oewerhengel gehaal het. Hulle sal in Desember aan die Junior Nasionale Kampioenskappe te Bloemhofdam, Noordwes, deelneem. Welgedaan, manne!

Hokkie-skeidsregterskursus: Baie geluk aan die volgende personeel en hokkiespelers wat die vlak 0-skeidsregterseksamen geslaag het: Bianca Meintjes, Chanté Oosthuisen, Chezaan van Rensburg, Christiaan Scheepers, Clarné Burger, Daniélle Bosman, Izelle Fick, Marné Eicker, Mieke Steenkamp, Rochelle de Bruin, Susan Gregory, Tarien Davel, Zanté Visagie, Zoé Richards en Izaan Scheepers. Personeel: Me Carla Pretorius en Me Nicola Jacobs. ALSO READ:VRYHEID: Excruciatingly hot day for golfers at Hoërskool Pionier’s Golf Day

Make sure you follow us on our social media platforms for regular updates

Related Articles

Back to top button