Newcastle AdvertiserNewsSchools

NEWCASTLE KZN: In gesprek met Volkies se Wian Moolman

Volkies het beslis my leierskapvaardighede bevorder sowel as my rugby.

Volkies gesels met Wian Moolman, top-presteerder in 2019, waar hy 6 onderskeidings en 90% as gemiddeld behaal het.

Wian was ook onlangs ingelig dat hy ʼn “Golden Key” verwerf het; het in die top 15% van sy klas presteer en kan nou instap by enige universiteit in die wêreld en daar aanvaar word.

Volkies wou graag weet wat dit is aan Hoërskool Volksrust wat leerders soos Wian laat uitstyg bo die res of is leerders soos hy maar net baie talentvol gebore?

Gee bietjie meer agtergrond oor waar jy jou tans bevind en waarmee jy jouself besig hou:

“Ek is tans in my tweede jaar op die PUK besig met my studies om ʼn Geoktrooieerde Rekenmeester te word. Ek neem ook foto’s en video’s in my vrye tyd.”

Was daar ooit enige twyfel in jou hart dat Volkies die skool vir jou is:

“Nee, Volksrust het my as mens baie laat groei my menswees en ek het ook al die geleenthede gehad wat vir my nodig was op hoërskool.”

Hoekom het jy Hoërskool Volksrust gekies as skool vir jou hoërskoolloopbaan:

“Dit is die skool naaste aan die huis en Volksrust se akademie is uitstekend, siende dat ons skoolgaan om te leer, was dit die beduidende keuse.”

Dink jy die plattelandse omgewing van Volksrust was tot voordeel of tot nadeel vir jou hoërskoolloopbaan:

“ʼn Voordeel omdat die kleiner omgewing en skool my forseer het om op alle gebiede te fokus.”

Wat het vir jou uitgestaan by Volkies oor die 5 jaar wat jy daar spandeer het:

“Die liefde en omgee van die onderwysers en al die moeite wat hulle doen om seker te maak ons doen die beste wat ons kan.”

Akademie is sekerlik nie jou enigste talent nie. Het Volkies ander talente wat jy ontvang het ook bevorder of voel jy dat Volkies meer kon gedoen het:

“Volkies het beslis my leierskapvaardighede bevorder sowel as my rugby.”

Verduidelik wat dit vir jou beteken het om by jou ouers te bly as jy ʼn dagskolier was. Verduidelik hoe jy die koshuis ervaar het, as jy ʼn inwoner daar was:

“Ek het my hele hoërskool loopbaan in die koshuis gebly en ek is steeds in ʼn koshuis op universiteit. Ek was en is mal oor die koshuis omdat daar soveel menslike interaksie is en ek soveel herinneringe gemaak het wat ek nooit sal vergeet nie! My ouers was ook naby genoeg aan die skool om alles by te woon, ʼn bydrae te lewer aan die skool en my in al my aktiwiteite te ondersteun.”


Contact us

WhatsApp: 082 874 5550

Email: Reveshni Douglas (Editor) at reveshni@caxton.co.za

Make sure you follow us for regular updates:

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button