NewsSchools

Vryheid KZN: Welkom terug aan alle Pioniers

Ons kan nie wag om 2020 so suksesvol en positief as moontlik af te handel nie

Met groot opgewondenheid verwelkom ons graag vandeesweek al ons grade terug by Pionier.
Dit is vir ons ‘n groot bederf om al julle gemaskerde gesigte voor ons in die klas te sien sit, veral die Graad 9-leerders wat vir ses maande deur middel van Google Classroom tuisonderrig moes ontvang. Ons kan nie wag om 2020 so suksesvol en positief as moontlik af te handel nie en ons bedank graag ons toegewyde onderwysers en leerders vir hulle positiewe gesindhede tydens die pandemie. Ons waardes – naamlik ‘Omgee, Respek, Geloof, Eerlikheid en Regverdigheid’ – is veral onder die leerders en onderwysers tydens die laaste paar weke te sien. Ons sien uit om dit vir die res van die jaar op ‘n soortgelyke wyse toe te pas en in die klas, koshuis en ook op ons skoolterrein uit te leef.

ALSO READ: Vryheid KZN: Pionier keer vuur en vlam terug

Make sure you follow us on our social media platforms for regular updates

Related Articles

Back to top button