EntertainmentLifestyle

Vlindervrouens is gaste by Amajuba Hoërskool

Die dames wat die middagete bygewoon het is met ligte musiek, drankies en versnaperinge bederf.

Riana Mouton het op Oktober 12 Amajuba Hoërskool besoek vir ‘n damesmiddag waar sy met ‘n verskeidenheid van vroue van alle ouderdomme gepraat het.

Riana deel liedjies uit haar eie hart en uit haar eie pen in die hoop om vrouens in die hele gemeenskap te’ inspireer. Riana was gebore in Newcastle, en het wonderlike kinderherinneringe aan tuinmaak en hoe die inwoners van Newcastle groen duime het.

Riana Mouton sing vir die dames.

Sy het tydens die geleentheid gepraat oor hoe belangrik dit is om die waarhede en liefde vir die word van die Here met haar lirieke, liedjies en musiek na vore te bring.

In totaal was daar omtrent 11 tafels en elkeen was versier met verskillende temas wat gepaard gegaan het met die gebeurtenis, helder kleure, ligte en skoenlappers die vertrek hoog opgevoed het.

Die dames wat die middagete bygewoon het is met ligte musiek, drankies en versnaperinge bederf. Die atmosfeer tydens die middagete het ‘n baie energieke en lewendige gevoel gehad, aangesien die dames Riana se toespraak geniet het.

Riana se musiek beslaan ‘n wye reeks liedjies waarop oud en jonk met mekaar verband hou. Dit is haar hartstog en hartsbegeerte dat sy deur haar sang en bediening ‘n verskil in enige gemeenskap kan maak.

ALSO READ: Christian songstress strikes a chord in Newcastle


Contact us

WhatsApp: 082 874 5550

Email: Reveshni Douglas (Editor) at reveshni@caxton.co.za

Make sure you follow us for constant updates:

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button