Local newsNews

Yskor hengelaars trek sukses in by prysuitdeling

“Die aand was ‘n reuse sukses en almal het lekker gekuier.”

Yskor Hengelklub se jaarlikse prysuitdeling het op Mei 4 te Glabia Woonstelle plaasgevind.
Almal het die aand saam geniet.

Baie geluk aan al die wenners – julle verdien dit almal en het hard gewerk daarvoor, en aan almal wat by die prysuitdeling was – dankie vir julle ondersteuning.

“Die aand was ‘n reuse sukses en almal het lekker gekuier.”

Die volgende pryse en toekennings is vir die 2018/2019 seisoen ontvang:

Klub kampioene:

Junior – Claunine de Swart.

Senior junior – Shane Louw (tweede) en Juanre van Niekerk (kampioen).

Dames – Elize Louw (derde), Bettie Bothma (tweede) en Annatjie Oosthuizen (kampioen).

Meesters – Sean McArthur (derde), Eddie Reynders (tweede) en Johan Oosthuizen (kampioen).

Seniors – Schalk van Rooyen (derde), Johan Verwey (tweede) en Wayne Oosthuizen (kampioen).

Die volgende hengelaars is tot verskeie spanne aangewys:

SA Iscorspan: Albert van Niekerk, Elize Louw, Wayne Oosthuizen, Oosie Oosthuizen en wyle Schalk van Rooyen, Marzanne Oosthuizen (bestuurder) en Bettie Bothma (kaptein).

SA Iscor Uitnodigingspan: Frikkie Kruger, Quintus Oosthuizen en Piet Bothma.

SA Kampioenskappe (10-jaar plus bywoning): Monty Slabbert en Wayne Oosthuizen.

Individuele toekennings:

Wayne Oosthuizen ontvang die pryse vir die Meeste Punte Skubvis (129 vis en 104,46 kilogram) en Meeste Punte vir Buite Kompetisie.

Annatjie Oosthuizen ontvang pryse vir die Grootste Geelvis (0,89kg) en Grootste Paling (1,92kg).

Johan Oosthuizen ontvang toekennings vir die Grootste Modderbek (1,32kg) en Meeste Punte Nie-Skubvis (46 vis en 16,51kg).

Schalk van Rooyen – Grootste Nie-Skubvis (1,404kg).

Egmont Alberts – Monstervis Senior en Grootste Skubvis (3,57kg).

Juanre van Niekerk – Monstervis Junior (2,05kg).

Johan Verwey – Kleinste vis (15mm).

Annatjie Oosthuizen en Hein Dahms – Kameraadskap Trofee.

ALSO READ: Yskor Hengel Klub eer die beste


Contact us

WhatsApp: 082 874 5550

Email: Reveshni Douglas (Editor) at reveshni@caxton.co.za

Make sure you follow us for constant updates:

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button