Local sportSport

KZN Jukskei vaar baie goed

Kort op die hakke van hul baie goeie vertoning by die Inheemse Spele het die jukskei spelers van KZN weer baie goed gevaar by die SA Meesters Jukskei Toernooi vanaf Oktober 6 tot 9 te Kroonstad.Die SA Meesters Jukskei Toernooi is vir jukskeispelers wat 50 jaar of ouer oud is. Die oudste speler was oom …

Kort op die hakke van hul baie goeie vertoning by die Inheemse Spele het die jukskei spelers van KZN weer baie goed gevaar by die SA Meesters Jukskei Toernooi vanaf Oktober 6 tot 9 te Kroonstad.
Die SA Meesters Jukskei Toernooi is vir jukskeispelers wat 50 jaar of ouer oud is. Die oudste speler was oom Chris Haefly, wat vanjaar 85 jaar oud word, en op meriete in Noord Vrystaat se B span gespeel het.
KZN het met vier spanne deelgeneem in die A, B, D en E afdelings. Die A span het bestaan uit Jan Lourens (Vryheid), Annetjie van der Merwe (Hibiskus), Kobus Uys (Fynnlands) en Antoon Claassen (Fynnlands). Die B span het bestaan uit Leon Lombard (Dundee), Lukas Snyman (Newcastle), Petro Marais (Newcastle) en Tom Prins (Hibiskus). Die D en E spanne was albei van Hibiskus klub en het bestaan uit Willie Marais, Basie du Pisanie, Pieter du Pisanie en Poppie Marais, en die E span, Joey Biaccio, Jacky Biaccio, Susan Burns en Pokkie du Pisanie.
Die spanne in die A en B afdelings het teen mekaar gespeel en het sestien rondtes gespeel, terwyl die spanne in die C, D en E afdelings teen mekaar gespeel het, en twee en twintig rondtes gespeel het.
Baie geluk aan die D span van Willie Marais, wat met die goue medalje weggestap het in die D afdeling. Baie geluk ook aan die A, B en E spanne wat elkeen ‘n brons medalje in hul afdeling gekry het. Bogenoemde prestasies is die beste wat KZN nog ooit behaal het, en die klub is besonder trots op hul spelers.
Op Saterdag, Oktober 4 het van die spelers aan ‘n trips toernooi deelgeneem, en het Leon Lombard, Hannes Roux en Petro Marais derde plek in hul afdeling behaal.
Eerskomende naweek, Oktober 18, gaan die skool jukskei spanne van Dundee Junior Skool en Sarel Cilliers Hoerskool die Umzinyathi Distrik verteenwoordig, en na Durban reis om daar teen die beste skole jukskeispanne van die ander distrikte in KZN deel te neem. Die klub wens hulle alle voorspoed toe.
Vir enige navrae oor jukskei skakel Leon Lombard 082 704 4631 of Dons Vorster 082 877 7282.

Related Articles

Back to top button