Local newsNews

Ouma Annatjie vier haar 95ste verjaarsdag tydens die inperking

Ongelukkig mag Ouma Annatjie nie besoekers ontvang as gevolg van die inperking nie

Annatjie Beneke Lewitt, oftewel Ouma Annatjie soos wat sy bekend staan aan die inwoners van Vryheid, is op 17 Julie 1925 op die plaas Waterval in die Vryheid omgewing gebore. Sy het matrikuleer aan Hoërskool Vryheid en later was sy ‘n boekhoudster by verskillende besighede in Vryheid. Annatjie is getroud met Heinrich (Hendrik) Beneke, wie vir baie jare by die munisipaliteit gewerk het. Hulle het ses kinders gehad; vier seuns en twee dogters. Nadat haar man oorlede is, is sy getroud met David Lewitt (hy is ook reeds oorlede). Ouma Annatjie is alom bekend vir haar naaldwerk en vlytige vingers. Sy het verskeie bruide se drome bewaarheid met die mooiste trourokke en troukoeke. Ouma Annatjie het op die hoë ouderdom van 94 jaar nog uitgehelp met die jaarlikse basaar van die Nederduitsch Hervormde Kerk in Vryheid.
Sy was onlangs op die DSTV televisiekanaal VIA se ‘Waar begin ek soek’, waar sy ‘n gesin wie se kinders deur verskillende families aangeneem is weer bymekaar gebring het.
Ongelukkig mag Ouma Annatjie nie besoekers ontvang as gevolg van die inperking nie, en moet sy haar 95ste verjaarsdag hierdie jaar sonder haar kinders vier. Gelukkig het haar kinders seker gemaak dat Ouma Annatjie ‘n heerlike bederfie gaan ontvang in die vorm van snuisterye wat afgelewer sal word deur ‘n barmhartige Samaritaan. Vryheid is trots op hierdie oud of liewer jong inwoner en wens haar geluk met hierdie groot mylpaal.

ALSO READ: 97ste verjaarsdag

Ouma Annatjie se kinders vier haar verjaarsdag met afsonderlike teepartytjies.

Make sure you follow us on our social media platforms for regular updates

Related Articles

Back to top button