BlogsOpinion

Confessions van ‘n parallel parking novice

Ek kan voel hoe die blos op my wange opstoot, want ek sal nou openlik moet erken dat ek nie kan parallel park nie

Ongeveer 26 jaar – dit is hoe lank ek al my lisensie het. Ek het hom nie gekoop nie, ek het niemand gebribe nie, en ek het hom nie langs die pad opgetel nie.
Ek het my lisensie regmatig verdien, soos die meeste van ons. MAAR ek het omtrent net eenkeer – okay, miskien tweekeer in my lewe parallel parkeer. Die dag wat ek vir my lisensie gegaan het, het ek die kleinste karretjie van ‘n vriendin geleen. Ek het my lisensie die eerste probeerslag geslaag, sonder enige professionele bestuurslesse. Ek het daardie dag ‘n korter rokkie gedra – wees eerlik, as jy jonk is gebruik jy mos wat jy het om te kry wat jy benodig. Maar anyway, ek het die perfekte parallel parking gedoen. Daardie dag het ek al besef dat dit nie sommer weer gaan gebeur nie – parallel parking sucks! Maar nou ja, toe trek ons mos na ‘n dorp toe wat NET parallel parkings het. En ek ry nie ‘n klein karretjie nie -‘n SUV to be exact. Die eerste keer wat ek met haar probeer parallel park het, het haar agterwiel teen die sypaadjie gestamp. Die mense het gekyk, ek het gekrimp en myself belowe – nooit weer nie! En dit was dan nou ook die laaste keer. So ry ‘n kollega nou die dag saam met my, en die winkel waar ons wil wees, het weereens net die stupid parallel parkings.

Opgewonde wys sy na die oop parkering voor die winkel. Ek kan voel hoe die blos op my wange opstoot, want ek sal nou openlik moet erken dat ek nie kan parallel park nie. Ek ry toe maar verby, en sy kyk my verbaas aan. Die waarheid moet uit, dus loer ek so onderlangs na haar en sê: “ons sal maar om die blok ry, want ek kan nie parallel park nie”. Stilte. En skielik bars ons saam uit van die lag. Dus ry ek maar weer om die blok, as daar twee parkerings agtermekaar is, dan kan ek net inry. Let wel, my issue is nie om uit te kom nie, dit is om in te pas in daai simpel net-so-groot-soos-jou-neus-parkerings. Daar is nie eens spasie om te nies nie, want dan trap jy die petrolpedaal en stamp die kar voor jou. Nou verwag hulle dat ek daar moet in reverse en my kar se neus swaai sonder om die pavement, die kar agter my of die kar voor my te stamp. O ja, vergeet nie van die verkeer wat nogsteeds langs jou verby skuur terwyl jy al wat sintuig is in overdrive het net om bogenoemde reg te kry nie. Really?? Dan praat ek nie eens van K53-rondkyk nie, ek lyk soos daardie mannetjies met die bubble heads. Nee, jammer ek het nie die geduld of die fisiese vermoëns om daai ding te doen nie. So sal ek tot vyfkeer om ‘n blok ry om parkering te kry, of dan nou maar drie kilometer vêr stop en die afstand per voet aflê na die spesifieke winkel. Ek vertel altyd vir mense dat ek van stap hou en dit verkies om van winkel tot winkel te stap. Yeah right, alles behalwe! En wanneer die tiener en die halwe een saam met my in die kar is, is dit 10 keer erger – want hulle sal my siel versondig omdat ek nie kan parkeer nie. En natuurlik moan hulle omdat hulle 5km moet stap vanwaar ek parkeer het – okay, darem nie 5km nie, miskien net so twee of dalk 3km.

Maar ek wag dat die tiener moet begin oefen aan sy parallel parking skills, dan gaan ek so in my binneste giggle – want hulle dink mos alles in die lewe is maklik. Gelukkig het die halwe tiener nog ‘n wyle om te gaan voordat haar beurt aanbreek, maar intussen – ek wag, learner’s licence candidate, ek wag vir my moment of revenge. PS: Ek gaan ook nie leer of oefen om te parallel park nie – it is what it is!

ALSO READ: Rona het my convert na ‘n Flintstone werewolf

Make sure you follow us on our social media platforms for regular updates

You can read the full story on our App. Download it here.

Carlien Grobler

Journalist (Freelance) for Vryheid Herald

Related Articles

Back to top button