NewsSchools

Dit bly steeds ‘n plesier by Pionier

Pionier se personeel het deurgaans onderrig aan leerders tydens die inperkings-tydperk verskaf, sodat elke leerder steeds op hoogte kon bly

Pionier het reeds, twee weke voor die beplande datum wat die Graad 12-leerders na die skool sou terugkeer, begin voorberei om hulle te verwelkom.
Die hoof, terreinwerkers en die nutsman het eerste aangemeld om te verseker dat ons terrein versorg en netjies is. Met behulp van webinare, vele vergaderings en addisionele inligting kon genoeg kennis versamel word om ‘n uitstekende handleiding te kon saamstel vir die ontvangs van ons personeel en leerlinge. Op 27 Mei het die bestuurspan reeds skouer aan die wiel gesit om te verseker dat belangrike sake, soos sosiale distansiëring in alle klaskamers en op die terrein behoorlik toegepas sal kan word wanneer ons Graad 12s sou terugkeer. Pionier se personeel het deurgaans onderrig aan leerders tydens die inperkings-tydperk verskaf, sodat elke leerder steeds op hoogte kon bly. Ons ervaar baie positiewe gees onder die personeel en sien daarom uit om die res van 2020 suksesvol af te handel.

ALSO READ: Pionier se eerste netbalspan is kampioene

Make sure you follow us on our social media platforms for regular updates

Related Articles

Back to top button