BlogsOpinion

Bring it on, Heidi!

Die lyf is die probleem, want die ding wil mos complain om elke hoek en draai – as dit nie 'n letterlike klip in die skoen is nie, dan is dit 'n pyn op die boud.

It’s not far, they said… it’ll be fun, they said… yeah, right! Kyk, ouderdom is ‘n kopding en ‘n koppige ding.
Jy is net so oud soos wat jy voel, reken die slim mense, of aan wie jy voel… Vrek, dan wil ek heeldag aan een van die Jonas Brothers se hande vat! Nie net is hulle jonk nie, hulle is nou nog sag op die oog ook. Maar nietemin, dis drome – en ons almal weet min drome word werklikheid. Maar anyway, terug by die ‘it’ll be fun’ deel. Met die dat lockdown nou bietjie minder strict is, en die hokke oopgemaak is vir die hooligans om buite curfew te mag rondbeweeg.
Het die tiener en die halwe een my oortuig om die berg saam met hulle aan te durf. Nou ek praat nie van ‘n denkbeeldige probleem-berg scenario nie, ek praat van ‘n regte-egte-vrek-hoë-berg!!
Nou kyk, ek is nie so oud nie, en in my kop dans ek nog rond soos ‘n 21-jarige, want ons is vroue en ons kan glo wat ons wil. En in my kop is ek nog die jong meisie wat berge letterlik kan versit… maar o wee, die ou lyf.
Die lyf is die probleem, want die ding wil mos complain om elke hoek en draai – as dit nie ‘n letterlike klip in die skoen is nie, dan is dit ‘n pyn op die boud.

Daar is net altyd een of ander skeet, en hoe ouer mens word, hoe meer skete groei oornag aan jou liggaam.
So, dus staan ons toe nou aan die voet van die berg (jinne, maar ek kilnk vreeslik poëties vandag) en nou moet ons begin stap.
Seker so 20 meter down the line – or rather up the mountain – voel ek hoe my bors begin brand, my longe klap hande, my neus loop, ek voel duiselig, my oë sien waserig en my kop – ja wel, die het my obviously verlaat die oomblik toe ek JA gesê het vir hierdie onmenslike ekspedisie! Wie in sy right mind klim ‘n berg uit vir fun!
O, en kan ek ook net bylas, dis berg-op, berg-af en weer terug berg-op en dan eers berg-af. Dan praat ek nie van die bosse en klippe waaroor daar geklim en geklouter moet word nie.
Ek is redelik onfiks, maar ek kan darem stap hoor.
Het darem al driekwart van die 50km Memelloop klaargemaak… voordat ek op my alie gaan sit het, en besluit het nou is ek klaar gestap, Forest Gump style. Want die malligheid moet nou einde kry. Maar anyway, terug by die fun activity of the day – NOT! Stok in die hand, blasend beur ek toe nou maar voort.
Die tiener moedig aan en vertel allerhande snert soos ‘word een met die berg’ en ‘visualise die einde’.
En dis met die geïrriteerdheid van my dat ek toe mos nou snap en vra waar kom hy aan al die klomp strooi waarmee hy my mind probeer verlei.

En soos ‘n klap in die gesig, moet ek hoor ‘maar mamma, dis hoe jy my en die halwe tiener altyd motiveer’. En op die plek wip ek my gat vir myself. Watter klomp snert het ek nou die kids loop wysmaak, en dit word nou ‘teen’ my gebruik.
Hoesend en proesend hinke pinke ek maar vorentoe, met ‘n elke 10 meter break.
En mag ek net byvoeg, ek is ge-makeup vir hierdie punishment, want come hell or high water, as ek van hierdie berg gedra moet word, dan gaan ek dit in style doen. Ge-makeup and all!
Die sweet stroom soos die Augrabiese waterval teen my rugstring af – ek kry koud en warm terselfdetyd.
As my sonde my nie ontsien nie, sou ek amper kon dink ek het kouekoors en sommer ook die virus onderlede.
En dis nie asof ek in menopause is nie, want ek is darem nog te jonk daarvoor, maar as dit is hoe dit voel… sit ek sommer nou my bedanking in as vrou! Finish en klaar, want met sulke strooi van koue rillings en geite gaan ek nie deal nie.
All moanende and groanende klim ek maar die berg, die tiener en die halwe een help mooi met water aangee en stoot van agteraf en trek van vooraf. Eindelik sien ek die lig, want ek het die tiener vooruit gestuur om te gaan kyk presies hoeveel kronkels en opdraandes hierdie simpel berg dan nou nog het… en met opgewondenheid moes ek volgens sy onoordeelkundige skatting hoor dat dit nog net een draai is.
Net om uit te vind dis eintlik twee draaie. Maar nietemin, ek is bo!
Ek het dit gemaak, met die ondersteuning en motivering van die aanhangsels het ek eindelik die top van die berg bereik. Soos ‘n trotse Mount Everest conquerer spring ek op en af, net om te besef dat ‘n vrou van anderkant haar 40’s nie eintlik meer so moet spring nie. Nie omdat dit ongehoord is nie, maar omdat die lyf prostesteer. En skielik tref dit my, ek en jy het daagliks ook ons mental mountains wat oorwin moet word, mits ons die motivering en ondersteuning van die rondom ons het of course.
En glo my, die mental mountains is partykeer tien keer erger as die regte berg. But you know what, we do it daily! Of ons nou lus het of nie – it is what it is!

ALSO READ: Brace yourselves as we advance and evolve to level 3

Make sure you follow us on our social media platforms for regular updates

You can read the full story on our App. Download it here.

Carlien Grobler

Journalist (Freelance) for Vryheid Herald

Related Articles

Back to top button