BlogsOpinion

Ma-wees is nie vir sissies nie!

Dan kom die terrible two's en die fearsome three's en jy kan nie help om te wonder hoekom jy nou weer kinders gekry het nie.

“Mama, I’ve met a man…” Daai dreaded words wat geen ma wil hoor nie, maar ja, dis die begin van die begin. Of die begin van die einde, hoe ookal maar dis waar die storie begin. Jy ontmoet die man van jou drome, raak verlief, trou… kinders – dis die circle of life. Oftewel die white picket fence dream soos die Amerikaanse romantiese komedies dit uitbeeld. Nou ja, ongelukkig is werklikheid nie soos daardie droom nie.
Ons het wel al die voorafgaande emosies en aksies voordat die kinders gebore word. Maar oh my word, wanneer daardie babatjie gebore word verander jou hele lewe. En kan ek nou maar net een ding noem, ‘n pasgebore baba is nie die wĂªreld se mooiste gesiggie nie.
Daardie gevreetjie is iets vanuit Lord of the Rings se karakters. All weird en verrimpeld. Ja, even my eie kinders was ‘lelik’. Maar dit beteken nie dat ek minder lief vir hulle was of is nie. Mens kan maar net nie verby die nare waarheid kyk nie. Julle kan my maar veroordeel, maar gaan kyk weer na daardie eerste babafoto… jy sal wel agterkom waarvan ek praat. Maar nietemin, wanneer jy dan nou verby die ‘lelikheid’ van jou kind kan kom, dan groei daar ‘n liefde wat hom / haar vir jou dan nou onbeskryflik mooi maak. Niks is soeter of ouliker as ‘n pasgebore baba nie. Dan kom die drie maande oulikheid en die een jaar fieterjasies – en die bloedjie is jou wĂªreld. Albums vol fotos van minuut tot minuut se lawwighede en oulikhede! Dan kom die terrible two’s en die fearsome three’s en jy kan nie help om te wonder hoekom jy nou weer kinders gekry het nie. Jy wil ook al tantrum elke keer as poplap tantrum! Maar helaas, daardie stadiums gaan ook verby. Kom ek vertel vir jou wanneer jy regtig jou polse wil begin afkou – tienerjare! Dit is wanneer jy jou vermoĂ«ns as ma begin bevraagteken! Jy wil jou tienerjarige elke dag buite aan die boom ophang, jy fantaseer oor hoe hulle eindelik uit die huis is en jy kan asemhaal sonder om skeef aangekyk te word. Want alles wat ‘n ma mos doen is verkeerd! Is jy nice, wil hul weet wat soek jy. Is jy kwaai, gun jy hulle nie ‘n lewe nie. Ek gee op! Ek gaan nie hierdie fight wen nie! Kom kom, jy voel dieselfde – no denying it! Maar weet jy, ek sal my kinders vir niks in die wĂªreld verrruil nie – al kos hul my sakke vol geld aan haarkleursel om die grys weg te steek. ‘n Kind kan op die onmoontlikste tye na jou toe kom, en jou skielik net ‘n drukkie of soentjie gee, en sonder dat jy besef, het jy dit nodig gehad. En net so kan jy die situasie omgooi. ‘n Ma weet! ‘n Ma weet wat haar kinders nodig het, en wanneer. Dit het al soveel keer in die verlede gebeur dat ek ontsteld is, en op daardie oomblik lui my telefoon. “Hallo my kind, dis ma. Ek het skielik aan jou gedink, toe dog ek, ek bel maar gou.” En net daar, op daardie oomblik breek die walle en die trane stroom soos ‘n rivier in vloed. Ma’s weet… hulle het ‘n sintuig en radar wat geen manlike spesie op hierdie aarde het nie. Daar is ‘n bond tussen ouer en kind wat nie eens die scientists kan verklaar nie. So baie kinders gooi hul ma’s weg – maar ‘n ma se liefde vir haar kinders droog nooit op nie. ‘n Ma vergewe altyd – alles! My ma sĂª altyd – toe ek nog my kinders met een kombers kon toemaak, was my probleme min. Vandag verstaan ek daardie stelling, jy bekommer jouself altyd oor jou kinders, maak nie saak hoe oud of jonk hulle is nie. ‘n Ma bly ‘n ma! And a mother can fix anything! Het jy al ‘n ma gesien as haar kinders in gevaar is? Sy is soos ‘n bul op steroids! Dus wil ek jou net gou bietjie herinner – kyk na jou ma… Dis nie al wat jy het nie, maar die enigste een en hulle gaan nie vir ewig hier wees nie. Hulle is kosbaar – juwele uit die hemel – it is what it is!

ALSO READ: Gin-in-a-teacup

Make sure you follow us on our social media platforms for regular updates

Related Articles

Back to top button