BlogsOpinion

Toiletpapier versus Super Mario!

Dis amper iets soos - nee dis fine hoor, bring on the virus, I'll fight it off with toilet paper... what the heck?

Nou ja, die land is in chaos gedompel – kinders is by die huis – skole gesluit – en almal is in panic mode oor toiletpapier!
Dis amper iets soos – nee dis fine hoor, bring on the virus, I’ll fight it off with toilet paper… what the heck?
Hoe werk daardie game – ek het obviously die memo gemis!
En my brein se tentacles is nie lank genoeg om rondom daardie concept te gaan nie.
Maar nietemin, ek koop nie ekstra toiletpapier nie, en as ons dan nou maar uithardloop, dan is die tuinslang darem altyd byderhand.
Onthou jy daardie dae van potty training, en as boet of sus in hul broeke ge-uhm het, dan vat jy hulle na buite en spuit skoon met die tuinslang!
Ja, tannie – moenie jou gesig so trek nie, jy het dit ook gedoen!
En blikkieskos, almal koop nou skielik blikkieskos – oh hell no!
Ek sal ‘out of stock’ geĂ«et wees voordat die krisis verby is – want kan ek jou nou al vertel, al steek ek die blik-oopmaker in my handsak weg, sal boet hom met sy tande ooptrek dat jy net enamel sien spat!
Want ken jy vir hongersnood, dan is dit nou ‘n 15-jarige lummel van ‘n jongman!
ALTYD honger, en soms, net soms kry hy so look in sy oĂ«, en as ek nie van beter geweet het nie, kon ek amper seker wees hy lek sy lippe af – reg om sy suster te eet!
Tiener-kannibalisme op sy beste!
Eet alles en almal wat voorkom – al is dit nou ook met ‘n tong-sweep van woorde… Dan is daar – die verslawing – want wanneer daardie tiener-boude voor die Xbox neer splash soos ‘n scene uit Aquaman… oh brother!
Die wĂªreld kan tot ‘n einde kom, hy sal dit nie eens weet nie – sal net assume dat dit deel is van die game.
Oh my word, en is daardie games nou vir jou duur!
Ek het op ‘n stadium gedink dat dit live entertainment is teen daardie prys!
I mean really, R900 vir een game en dan kry jy cheat codes van Google af en die game is klaar.
Where’s the fun in that!
Verstaan my mooi, ek het as dogtertjie ook TV games gespeel… onthou daardie Circus game – ek was ‘n boffin, en vergeet nie vir Super Mario nie!
Kyk, ek kon darem maar vir ou Mario laat klippe stukkend stamp soos min!
Ek wonder of hy ooit harsingskudding opgedoen het?
Maar anyway… En dan natuurlik die racing game, waar jou ou rooi karretjie gaan staan as jy te min petrol langs die pad opgetel het.
Vandag is dit Speed 10 or something like that, of wat is daardie ander een, Grand Theft Auto… oh my soul!
Dan is daar Fallout – fall out of what?
Jy kan nie help om te wonder nie, het die game designer toiletpapier gesnuif, of wat?
Games van my kleintyd en games van vandag verskil hemelsbreed!
Vat nou maar net die game box in itself as voorbeeld.
In my tyd – en nee, ek is nie so oud nie – maar daardie game boxes se ou draadjies was so kort (amper so kort soos party mense se fuses deesdae).
Met vandag se games kan jy lekker lilo in die swembad terwyl jy in die sitkamer speel!
DAN – daardie eentonige deuntjie van toentertyd se games het my ma se tor menigmale in overdrive gesit.
Maar die joy as jy dit regkry om daardie leeu (wat lyk of hy deur ‘n drie-jarige geteken is) deur die Ring of Fire kan laat spring en die casino klokkies gaan mal saam met jou suksesvolle sprong… Let wel, nadat jy 345 keer reg binne-in die ring gespring het!
As ek reg kan onthou was daar geen save button nie, en elke keer moes jy die game van voor af begin.
Daardie was nou vir jou hardcore gaming, hoor!
Oh, those were the days… Dit het ons geleer van deursettingsvermoĂ« en GEDULD!
Maar nou ja, deesdae chase ons toiletpapier en steel denkbeeldige karre – times have changed – it is what it is!

ALSO READ: Gin-in-a-teacup

Make sure you follow us on our social media platforms for regular updates

Related Articles

Back to top button