NewsSchools

Atletiek is in volstoom by Hoërskool Pionier

Ons is baie trots op elkeen wat deelgeneem het

Pionier se jaarlikse interhuis-atletiekbyeenkoms het op 21 Januarie plaasgevind.
Die dag het beloof om ‘n groot sukses te wees en het nie teleurgestel nie.
Die leerlinge was die jaar uitgedaag met so ‘n ietwat van ‘n verandering aan die formaat van die byeenkoms.
Graag wil ons julle bedank vir die positiewe bydrae tot die dag.
Daar was vir die eerste keer in ‘n baie lang tyd meer as een lopie by die baanitems.
Ons is baie trots op elkeen wat deelgeneem het. Al was jy nie eerste oor die wenstreep nie, is jy nog steeds ‘n wenner wat die item in goeie gees voltooi het.
Baie geluk aan Estiaan Botes wat as Senior Victor Ludorum en Charnique Oosthuizen wat as Senior Victrix Ludorum aangewys is.
Ons is ook baie trots op Estiaan Botes wat die spiesgooirekord op die dag verbeter het met ‘n afstand van 51,50-meter.
By die juniors wens ons vir Wayne Janse van Rensburg en Mia Coetzee geluk wat onderskeidelik as Junior Victor Ludorum en Junior Victrix Ludorum aangewys is. Die dag na die interhuis is die atletiekspan wat te Volksrust gaan deel neem het, bekend gemaak.
Atlete het verlede Vrydag (24 Januarie) aan die vriendskaplike byeenkoms gaan deelneem.
Baie dankie aan elke atleet wat op die dag hulle beste gegee het.
Die atlete bring 14 goue medaljes huis toe, baie geluk aan dié atlete:
Luné Holder (spiesgooi), Chanté Oosthuizen (800m), Susan Gregory (spiesgooi), Sarah Muller (skyfwerp), Charnique Oosthuizen (100m hekkies), Dominique Bezuidenhout (800m) Shanté Veldsman (gewigstoot), Marius Scheepers (hoogspring), Ryno Landsberg (gewigstoot en skyfwerp), JD Jonker (spiesgooi), Jade Scheepers (800m en 1500m), Morné Olivier (hoogspring), Estiaan Botes (spiesgooi) en Rossouw Greeff (verspring en spiesgooi). “Ons is trots op julle!”

ALSO READ: Hoerskool Pionier Golf Day fills up Country Club greens

Make sure you follow us on our social media platforms for regular updates

Related Articles

Back to top button