NewsSchools

Hoërskool Pionier verwelkom nuwe personeellede

Met 'n propvol kalender, is ons reg om die jaar positief en met baie entoesiasme aan te pak

Na ‘n heerlike, lang Desembervakansie het die 2020 skooljaar weer aangebreek!
Pionier se personeel en leerlinge sien met groot afwagting en opgewondenheid uit na wat die jaar vir ons inhou.
Met ‘n propvol kalender, is ons reg om die jaar positief en met baie entoesiasme aan te pak.
Pionier-leerlinge en personeel is sommer gou-gou weer baie besig met pret- en sportaktiwiteite.
Graag verwelkom ons die nuwe graad agts met warm harte, ons hoop dit is sommer al klaar vir julle baie lekker by Pionier. Mag julle net groei tot ware Pioniers.
Die eerste week van die nuwe skooljaar is reeds verby met ‘n hele klompie aktiwiteite al agter die rug: massalandloop, vrugtefees, sokkie, graad agt-kamp, wintersportproewe en die interhuis atletiekbyeenkoms om net ‘n paar te noem.
Graag verwelkom ons die volgende nuwe personeel: mevv Elsa Swart en Gerda Becker wat by die Wiskundedepartement hulle stempel gaan afdruk, mejj Leoné van Zyl en Megan MacKenzie wat albei by die Besigheidstudies betrokke gaan wees, mnr Johan van Eyssen wat RTT gaan aanbied asook mev Simoné Potgieter wat ‘n ou bekende is. Ons verwelkom ook drie nuwe studentonderwysers by ons: mejj Jahnthé Smuts, Larischa van Jaarsveldt en Carla Pretorius. Hoop julle voel sommer al klaar deel van die Pionier-familie. Ons glo en vertrou dat julle ‘n lang verbintenis met Pionier sal hê en ook diep spore sal trap. Ons bid God se seën oor julle toe.

ALSO READ: Pionier sê totsiens aan lojale onderwyser

Make sure you follow us on our social media platforms for regular updates

Related Articles

Back to top button