NewsSchools

PHS Redenaars doen dit alweer

Pionier is sprakeloos van verbasing, maar staan terselfdertyd breëbors, want ons redenaars doen dit wéér! Gedurende Augustus het drie van ons leerders, nie net ons skool nie, maar ook hul provinsie, by die finale ronde van die ATKV-redenaars te Goudini in die Wes-Kaap verteenwoordig. Dit is voorwaar ‘n uitsonderlike prestasie, as daar in gedagte gehou …

Pionier is sprakeloos van verbasing, maar staan terselfdertyd breëbors, want ons redenaars doen dit wéér! Gedurende Augustus het drie van ons leerders, nie net ons skool nie, maar ook hul provinsie, by die finale ronde van die ATKV-redenaars te Goudini in die Wes-Kaap verteenwoordig. Dit is voorwaar ‘n uitsonderlike prestasie, as daar in gedagte gehou word dat slegs één deelnemer uit elke kategorie gekies word om in die finale nasionale ronde mee te ding.

Baie geluk aan Daniélle Bosman, Huistaal Gr. 8-9 Voorbereid, Cay-li Birkenstock, Afrikaans Addisionele Taal Gr. 8-9 Voorbereid, maar veral aan Christinet Zaal wat algeheel negende in die land eindig, in die Afrikaans Huistaal Gr. 10-12 Onvoorbereide Afdeling. Sy het slegs drie ure en ‘n geseëlde koevert met ‘n onderwerp en bronne ter voorbereiding gekry, voordat sy haar sprak moes gaan sprook. Pionier is ekstra trots op julle!

Tennis:

Ons tennisspelers het aan die NKZN-proewe deelgeneem en die volgende spelers het die NKZN-span gehaal: Susan Gregory is 1ste van al die o/15 meisies en sy is verteenwoordig dus nommer 1 in die o/15 NKZN-span. Chezaan van Rensburg het 2de geëindig van die o/18’s en sal as nommer 2 in die o/18 NKZN-span haar staal wys.
Bradley Loch en Evan Angus het ongelukkig nie die span gehaal nie, maar het hulle goed van hulle taak tussen die ander o/15 seuns gekwyt.
Reynier van Rensburg sal eers op 12 Oktober aan die o/18 seuns se proewe deelneem.

Krieket:

Woensdag 11 Sep eerstes vs St Dominics:

Pionier kolf eerste en maak 107 almal uit in 18.1 beurte. Die beste kolwer: Rossouw Greeff met 19(13). St Dominics maak 108/7 in 15.2 beurte. Die beste bouler: Werner Janse van Rensburg met 2-11 in 2.2 beurte. St Dominics wen met 3 paaltjies

Kalender:

19 September: Matriekafskeid

20 September: Skool Sluit en heropen Dinsdag 1 Oktober.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button