Latest NewsNewsSchoolsBreaking News

Baie dankie, NTT Toyota

LUCAS Meyer is baie dankverskuldig aan NTT Toyota wat ‘n 10 000 liter watertenk en ‘n drukpomp aan die skool geskenk het.

 

LUCAS Meyer is baie dankverskuldig aan NTT Toyota wat ‘n 10 000 liter watertenk en ‘n drukpomp aan die skool geskenk het.

Die gevolge van die droogte het ook ‘n groot invloed op skole se leerlinge en daar moet alternatiewe reëlings getref word om konstant water aan so ‘n groot getal kinders beskikbaar te stel. Danksy hierdie skenking van NTT Toyota is die hele skool nou op ‘n netwerk gekoppel wat alle lokale van skoon en veilige water uit ons eie boorgat kan voorsien. As skool het ons groot waardering vir instansies en individue, soos NTT Toyota, wat spontaan betrokke raak en in die skool se behoeftes voorsien.

‘n Spesiale woord van dank aan mnr Pieter Maree van NTT Toyota vir hierdie groot skenking, aan mnr Hennie Schoeman vir sy tegniese bystand en aan mnr Leo van Schalkwyk wat al werk gedoen het.

Wintersport: Die afgelope week is daar teen Monument Primêr op LMS se velde meegeding. Wedstryde het in ‘n goeie gees plaasgevind en ons leerlinge het die dag baie geniet. Uitslae (LMS telling eerste genoem): Hokkie – o/10A 1-1; 2de 1-0; 1ste 1-0. Netbal – o/10A 8-12; o/11A 0-10; 2de 5-13; 1ste 7-13. Rugby – o/10A 5-29; o/11A 5-12; 1ste 36-33.

Hemelvaart: Tydens die jaarlikse Hemelvaartdiens het ds Joubert Ferreira op ‘n besonderse verstaanbare wyse die betekenis van Hemelvaart aan ons leerlinge verduidelik.

Swem: Ses van ons leerlinge, naamlik Mieke vd Walt, Dirk Grobler, Pierre Grobler, Mia v Deventer, Zander v Vuuren en Nadine v Wyk het die afgelope naweek aan die KZN-Swemproewe te Durban deelgeneem. Die finale uitslae is nog nie beskikbaar nie, maar ons swemmers het LMS se naam hoog gehou.

Skaak: JP Barnard het aan die Bhekuzulu-streek Skaaktoernooi deelgeneem. Alhoewel hy slegs 10 jaar oud is, het hy in die o/13 ouderdomsgroep gespeel en daarin geslaag om tweede te eindig. JP is gevolglik by die Bhekuzulu-span ingesluit wat eersdaag in Pongola sal deelneem. Baie geluk aan JP met hierdie mooi prestasie.

Find us on; Facebooktwitter, and on Whats App 060 986 0731.

Program:

12 Mei – Wintersport: Piet Retief (Tuis)

14 Mei – RHN Minitoernooi Utrecht

14 Mei – Binnelande Hokkieproewe

19 Mei – LMS Skaaktoernooi.

Related Articles

Back to top button