NewsSchoolsBreaking News

Junior redenaars verras

DIE interne redenaarskompetisie vir Gr 1 tot Gr 3 leerlinge het alle verwagtinge oortref.

 Lucas Meyer Primêre Skool- Junior redenaars Verras

DIE interne redenaarskompetisie vir Gr 1 tot Gr 3 leerlinge het alle verwagtinge oortref.

Die aand was ‘n reuse sukses met kundige en ervare beoordelaars. Nie minder nie as 10 leerlinge het deelgeneem en hulle puik van hul taak gekwyt. Dit was ‘n goeie leerskool vir hierdie juniors en daar word groot verwagtinge van hulle gekoester. Eerste plekke is behaal deur Lara Muller (Gr 1), Edrich Burger (Gr 2) en Jano du Plessis (Gr 3). Die algehele wenners, wat ook na die ATKV-uitdunrondtes deurgedring het, is: Edrich Burger (1ste), Wian de Villiers (2de) en Keagan Keightley (3de). Baie geluk aan hierdie leerlinge.

Koormiddag: ‘n Baie geslaagde oefensessie is die afgelope Vrydagmiddag met die koor gehou. Nie minder nie as 72 van die koorlede het hulself gate uit geniet as gevolg van die kreatiewe wyse waarop die gesoute mev Carin Lombard die middag hanteer het. Die koorlede het baie hard geoefen en toon reeds baie potensiaal met liedjies soos “Kaalvoetkind”, “Weeslig”, When I grow up” en “Izane Zembe.” Ons sien uit na hul eerste optrede.

Nasionale Melkterdag: Die soet smaak van outydse melkterte en pypkaneelreuk het vroegdag in die gange van LMS gehang! Nasionale Melkterdag is Vrydag, 26 Februarie gevier om die erfeniskos te herdenk. In die klaskamers het leerlinge kreatief aan opdragte (met melktert as tema) deelgeneem en self die personeel het hul bakvernuf beproef. Danksy skenkings van SuperSpar en Pick n Pay kon al die leerlinge die geleentheid kry om aan ‘n melkterjie te smul. Dankie ook aan Bradlows vir die skenk van pryse. Geluk aan Mev Mariaan Zietsman met hierdie puik idee en reëlings.

Atletiek: LMS se atlete het puik gevaar by die Vryheid Distrikte Atletiekbyeenkoms. Die skool spog met 20 eerste plekke en 17 tweede plekke. Geluk aan die volgende atlete wat 1ste- en 2de plekke behaal het: Arno Swanepoel, Shaunroux vd Laan, Nimicke Botha, Jasmin van Rooyen, Alicia Liebenberg, Pierre Grobler, Jaunre Roelvert, Duan Davel, Chantell Breytenbach, Jayden Wilson, Rowan Delport, Janus Pretorius, Jaden van Eck, AJ Knoetze, Nina Terblanche, Nadine van Wyk, Cole van Rooyen, Adriaan Koekemoer, Dirk Grobler, Isabel Labuschagne, Anneen Nel, Zarina Knoetze, Kayla Becker en Marjean van Zyl.

Program:

2 Maart – Swemgala te Pionier

3 Maart – Redenaars Gr 4 – 7

4 Maart – Rugbytoer

Another article you might want to read:Lms fase2 akademiese toekenings 2015

Find us on:FacebookTwitter, an on WhatsApp 060 986 0731.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button