School sportSportBreaking News

Pionier skuts bo

SATERDAG, 20 Februarie, het die KZN Liga 2-skyfskietkompetisie by Hoërskool Pionier plaasgevind.

 Hoërskool Pionier – Pionier Skuts bo

SATERDAG, 20 Februarie, het die KZN Liga 2-skyfskietkompetisie by Hoërskool Pionier plaasgevind.

Die vorige ligakompetisie se medaljes en pryse vir verbetering van persoonlike beste punte is in die saal oorhandig. Die volgende skuts het goue medaljes ontvang: 1 Johan Harris: o/21 Veerklas, 2 Heinrich Harris:o/21 Sporterklas, 3 Righardt van Zyl: o/16 Veerklas, 4 Pieter Claassen: o/16 Sporterklas en 5 Levras Davel: o/14 Veerklas. Stephan Schutte het ‘n silwer medalje by o/14 Veerklas verower. Ons jong skut van Lucas Meyer Skool het die brons medalje in hierdie ouderdomsgroep verower.

Die volgende skuts het geborgde pryse vir verbetering van hul vorige persoonlike beste punte gekry: 1 Pieter Claassen en 9 Caitlin Skews.

Die uitslae van 20 Februarie, waar ons teen Glenwood, Ferrum, Voortrekker en Richardsbaai deelgeneem het: (net skuts onder die top 10 word in hierdie verslag genoem.) o/21 Veerklas 4 Johan Harris, 6 Tiffany de Wit, 7 Le-Chandré Basson, 8 Mario Labuschagne. o/21 Sporterklas: 1 Heinrich Harris, 2 Jacques van Romburgh en 4 Danie Christie. o/16 Veerklas: 1 Righardt van Zyl en 5 FP van der Merwe. o/16 Sporterklas: 2 Pieter Claassen en 4 Rinus Wagener. o/14 Veerklas: 1 Stephan Schutte, 2 Cayla Putter, 3 Ryan van Wyk, 4 Levras Davel en 7 Thomas Kotze.

Veels geluk aan Pionier se skuts wat so hard geoefen het en so uitstekend gevaar het. Ons is voorwaar trots op al ons skuts.

Puk 16 skop af: Die afgelope naweek het die wintersport seisoen finaal afgeskop en het PHS se sportspanne teen Ferrum gespeel in rondte 1 van die PUK 16.

Hulle het soos volg gevaar : Rugby: o/14 A: verloor 19-14, o/15 A: wen 43-8, o/16 A verloor 21-10, 2de span: verloor 12-0 en 1ste span: wen 28-0. Netbal: o/14 A: speel gelykop, 8-8, o/14 B: verloor 16 -6, o/15 A: wen 21-5, o/16 A: wen 28 -11, 2de span: wen 18-15, 1ste span: verloor 25 – 18. Hokkie: o/14 A: wen 6 -1, o/15 A: verloor 2-1, o/16 A: wen 5 -0, 3de span: wen 1 -0, 2de span: verloor 1-0, 1ste seuns: verloor 7-0.

1ste Hokkie: Spar – toernooi: Die 1ste Hokkiespan het op Ferrum deelgeneem aan die Spar – toernooi. Hulle speel teen die volgende spanne: St. Dominics, wen 1-0, Hoërskool Vryheid, wen 1-0, Sarel Cilliers, wen 2-0, Newcastle, wen 5-0. Hulle speel in die semi – finaal teen Ferrum en wen 2-1. In die finaal speel hulle weer teen Sarel Cilliers en verloor 3-1 na ‘n ‘penalty – shootout’

Sarel Cilliers bring vir Pionier water: PHS wil graag vir HS Sarel Cilliers bedank vir die pragtige gebaar om vir ons skool water te skenk. Ons waardeer die liefdesdaad opreg. Dis wonderlik om te sien hoe skole mekaar uithelp in tye van nood.

Program:

5 Maart – PUK 16 teen Piet Retief (w)

10 Maart – Steve Hofmeyr (R150 en R100 per kaartjie te koop by Pionier kantoor.)

Find us on:Facebook,Twitter, or on WhatsApp 060 986 0731.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button