EntertainmentLifestyle

Amersfoort hou weer fees

Top Suid Afrikaanse kunstenaars soos DJ Ossewa, Retief Burger en die Campbells, Ollie die Singende Nar en vele ander gaan by die fees optree.

Die groot dag is 3 Oktober.

Van 9vm tot laat gaan die Amersfoort Feesterrein ‘n miernes van bedrywighede wees.

Top Suid Afrikaanse kunstenaars soos DJ Ossewa, Retief Burger en die Campbells, Ollie die Singende Nar en vele ander gaan by die fees optree.

Alle fondse wat die dag ingesamel word sal vir Bybelverspreiding gaan, en gaste is gevra om enige Bybel saam te bring.

“Ons wil ‘n nuwe wêreldrekord opstel vir die hoogste Bybeltoring.”

Vir die sportiewes gaan daar ‘n Bergfietswedren aangebied word, met ‘n baan wat definitief enig van sy soort sal wees.

Kontak Francois by 083 630 1262 vir verdere inligting.

Die Amersfoortfees is bekend vir kwaliteit eetgoed en versnaperings teen uiters bekostigbare pryse.

Die ou gunsteling, ‘n afvalpot, sal verseker dat gaste tou sal staan vir dié lekkerny!

Daar is nog ‘n paar stalletjies beskikbaar – kontak gerus vir Elize by 084 512 9768 or Maritha by 082 823 1570.

Toegang tot die fees is R50 vir volwassenes en R30 vir kinders.

Related Articles

Back to top button