Sal jy graag ‘n ereveldwagter wil wees?

Die werk wat al gedoen is, is die opgradering van die piekniek area, plant van inheemse bome by die piekniek area. Opgradering van die verblyf kamp. Skoonmaak en ontbossing van die dammetjie by die hoofkamp. Ons lede is ook betrokke by die tel van die wild in die reservaat. Ons sal ook betrokke wees by enige hulp wat die reservaat nodig het.

Ereveldwagters word aan ‘n reservaat toegeken en doen dan vrywillige werk in die reservaat.

Die tipe werk wat gedoen word wissel van park tot park asook die behoeftes wat ontstaan. In Ithala is ons betrokke by die jaarliks kanovaart resies wat onder in die Pongola rivier eindig. Tydens die resies beman die Ereveldwagters punte waar water, eetgoed ens uitgedeel word. Verder verrig die Ereveldwagters vrywillige werk in die reservaat.

Die werk wat al gedoen is, is die opgradering van die piekniek area, plant van inheemse bome by die piekniek area. Opgradering van die verblyf kamp. Skoonmaak en ontbossing van die dammetjie by die hoofkamp. Ons lede is ook betrokke by die tel van die wild in die reservaat. Ons sal ook betrokke wees by enige hulp wat die reservaat nodig het.

Indien ander groepe hulp nodige het met enige van hul aktiwiteite help ons mekaar uit. Indien dit iets is wat jy voel jy kan doen en jy graag wil aansluit is jy welkom om die voorsitter te kontak. Nico Strydom op 073 144 2093.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button