EntertainmentLifestyleLocal newsNews

Musiek en kunsaand

VRYHEID-Wes NG Kerk gaan op 30 September ‘n orrel, trompet en kore-aand aanbied. Richard Prinsloo, ‘n oud-leerling van Hoërskool Vryheid gaan orrel speel en hy bring Alex Urban, ‘n trompetspeler, wat al oral oorsee opgetree het, saam. Hiermee saam het ons ‘n kuns en blomme uitstalling in die saal. U kan skilder, houtwerk doen, hekel, …

VRYHEID-Wes NG Kerk gaan op 30 September ‘n orrel, trompet en kore-aand aanbied.

Richard Prinsloo, ‘n oud-leerling van Hoërskool Vryheid gaan orrel speel en hy bring Alex Urban, ‘n trompetspeler, wat al oral oorsee opgetree het, saam.

Hiermee saam het ons ‘n kuns en blomme uitstalling in die saal.

U kan skilder, houtwerk doen, hekel, brei, laslapwerk, koekversier ens, solank dit ‘n Bybelse tema het of ‘n teksvers uitbeeld.

U kan dit ook te koop aanbied as u wil – 10% van die verkoopprys gaan dan na die kerk. Gee ook ‘n kort beskrywing van wat u uitgebeeld het.

Die blommerangskikkings moet ook ‘n teks of ‘n lied uitbeeld. Moenie meer as 10 blomme gebruik nie, maar soveel loof en take soos u wil. Die gehoor gaan beoordeel watter blomrangskikking die mooiste is!

Toegangsfooie is R50 vir volwassenes en R30 vir kinders. Voorskoolse kinders gratis.

Na die tyd sal daar ook tee, koffie en verversings in die saal bedien word, terwyl u die uitstalling kan besigtig.

Kontakpersoon: An van Rensburg 073 989 5403.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button