EntertainmentLifestyle

Solidariteit Helpende Hand Dames projek

As deel van Solidariteit Helpende Hand se hekel- en breiprojek, het hulle nie minder nie as 37 kombersies voltooi.

Solidariteit Helpende Hand Damesprojek

Die spreekwoord, oud maar nog nie koud, is sinoniem met vroue by La Gratitude Aftree-oord. As deel van Solidariteit Helpende Hand se

hekel- en breiprojek, het hulle nie minder nie as 37 kombersies voltooi.

Die kombersies sal tydens die winterskou by Helpende Hand se stalletjie uitgestal word en sommige sal ook te koop aangebied word. Die fondse

wat op die manier geïn word, sal aangewend word in die stryd teen armoede.

Alle kombersies wat nie verkoop word nie sal aan minderbevoorregte gesinne geskenk word.

Die vroue het reeds in 2014 onder die bekwame leiding van Suster Sarie Kruger met die projek begin, en dit het ure se werk en toewyding behels.

Die vroue, sommige ouer at 80 jaar, het weereens bewys dat ouderdom nie `n struikelblok is om jou medemens te dien nie.

Die inisiatief het die verbeelding van baie in die gemeenskap aangegryp, en daar is reeds navraag oor die herhaling van die projek in die toekoms.

Helpende Hand – Newcastle het die dames met `n oggendtee bedank vir hulle harde werk.

Solidariteit Helpende Hand se Newcastle-tak het aan die begin van 2015 meer as 40 tassies aan die behoeftige Graad 1 leerlinge in

Newcastle en Utrecht geskenk.

Sannie Hartzenberg van die projek sê: “Baie ouers kry swaar en kan nie skryfbehoeftes bekostig nie. Party kinders kom met niks by die skool aan nie.

Skenkings soos die gee kinders uit behoeftige gesinne sommer moed om op gelyke voet met hulle klasmaats mee to ding. Dit is wonderlik wat hoop vir `n kind beteken.”

Related Articles

Back to top button