EntertainmentLifestyleNewsSchools

Volkies slag danseksamens met vlieënde vaandels

Die volgende leerlinge het hulle danseksamens in die onderskeie dansvorms suksesvol geslaag:

Die volgende leerlinge het hulle danseksamens in die onderskeie dansvorms suksesvol geslaag:

Spaanse danse

Edrei du Toit: Cuarto Ano Flamenco- merit.

Tisha Willemse: Cuarto Ano Flamenco- merit.

Anerieke la Cock: Primer Ano- merit.

Tehillah Engelbrecht: Primer Ano- merit.

Esme van der Merwe en Nerissa van Heerden het Preparacion de Ingreso gedans. Die eksamen word deur jong Spaanse dansertjies gedans ter voorbereiding van die Ingreso eksamen. Albei hierdie jong dansers het ‘n goeie indruk gemaak en net goeie kommentaar van die eksaminatrise ontvang.

Ballet

Abia Blaauw het in die Advanced 1 afdeling gedans en het ‘n baie goeie eervolle vermelding behaal. Abia het laat in die jaar besluit om die eksamen aan te pak en moes binne drie maande die werk aanleer en inoefen. Dit neem ‘n besonderse en baie hardwerkende danser om dit te kan regkry en die danssentrum is baie trots op haar.

Soos met elke einde van die jaar moes Volksrust Hoërskool Danssentrum ook in 2014 afskeid neem van twee geliefde dansers. Lizelma Pretorius en Abia Blaauw. Sterkte aan hierdie twee dansers wat nou ook vir hulle ‘n toekomspaadjie moet oopkap. Die danssentrum is baie trots op hulle!

Related Articles

Back to top button