PHS – Baie dankie vir die groot en positiewe invloed
PIONIER is geseënd met die teenwoordigheid van oom Fanie. Baie dankie vir die groot en positiewe invloed wat u op Pionier het. Super 12-reeks finaal uitslae: Rugby: Die o/14 A-span wen 10-7 teen Ligbron in die finaal en wen so die superreeks. Die o/15 span verloor 12-17 teen Wilgers en behaal ‘n agtsteplek. Die o/16 …
PIONIER is geseënd met die teenwoordigheid van oom Fanie. Baie dankie vir die groot en positiewe invloed wat u op Pionier het. Super 12-reeks finaal uitslae: Rugby: Die o/14 A-span wen 10-7 teen Ligbron in die finaal en wen so die superreeks. Die o/15 span verloor 12-17 teen Wilgers en behaal ‘n agtsteplek. Die o/16 span verloor 3-9 teen Wilgers en kom so algeheel vierde. Die tweedespan speel gelykop 15-15 teen Ligbron en eindig gesamentlik eerste in die reeks. Die Liberty Pionier eerstespan wen 24-17 teen Wilgers en behaal dus ‘n derdeplek. Hokkie: o/14 A verloor 0-6 teen Ligbron en behaal ‘n tweedeplek. Die o/15 span speel gelykop in die wedstryd en verloor toe 0-4 met ‘n strafdoeluitskiet en kom dus tweede. Die o/16 span verloor 0-6 en eindig tweede. Die tweedespan speel gelykop in die wedstryd teen Ligbron en wen toe die strafdoeluitskiet 5-4. Hierdie span eindig eerste in die reeks. Die eerstespan verloor 0-3 teen Ligbron en behaal so ‘n tweedeplek. Netbal: Die o/14 span verloor 4-33 teen Dinamika en behaal so ‘n tweedeplek. Die o/15 span verloor 5-22 teen Bergsig en behaal ‘n tiendeplek. Die o/16-span wen 19-18 teen John Vorster en behaal ‘n sewende plek. Die tweedespan verloor ongelukkig in ‘n fisiese wedstryd 9-10 teen Brandwag en behaal ‘n tweedeplek. Die eerstespan verloor 14-31 teen Ligbron en behaal ‘n vierdeplek. Wintersport teen Ferrum: Rugby: o/14A verloor 0-19; o/15A teken ‘n telling van 10-15 aan; o/16B wen 29-15; o/16A wen 12-8; die tweedespan wen met ‘n puik telling van 58-0 en die eerstespan wen met ‘n reuse telling van 55-3. Hokkie: o/14A wen 2-1; o/15A wen 3-2 teen o/16B; o/16A wen 6-0; tweedespan speel gelykop 3-3. Die seunspan verloor 0-9 en die eerstespan meisies verloor 0-3. Netbal: o/14A wen 16-4; o/15B verloor 0-25; o/15A verloor 11-23; o/16A wen 15-8, tweedespan wen met ‘n puik telling van 21-3 en die eerstespan wen 27-17. ATKV-redenaars: Baie geluk aan Jana Grobbelaar, Chezelle Stear en Carmen Gröpp wat deur is na die semi-finaal van die redenaarskompetisie. Baie sterkte, dogters! Ruitersport: Annika Liebenberg neem aan die tweede kwalifiserende rondte vir opname in die Mpumalanga-span deel. Sy behaal in verskillende klasse twee eersteplekke, tweede -en derdeplek en twee vierdeplekke. Baie geluk! Rugby-, netbal- en hokkieproewe: Baie geluk aan al die leerlinge wat deur is na volgende uitdunrondtes, sterkte! Personeel: Baie geluk aan die personeel wat elk, tydens die Bhekuzulu distrikte prysuitdeling, toekennings vir 100% slaagsyfers in die verskillende vakke ontvang het. Pionier ontvang ook trofeë vir die beste rekeningkunde-, wiskunde- ,fisiese wetenskap- en Afrikaans prestasie, asook die beste netbal- en atletiek uitslae in die Bhekuzulu distrik.