Local newsLocal sportNewsSport

Uitstekende stoei uitslae

Vryheid Stoei Akademie is trots op hulle stoeiers wat puik uitslae behaal het.

BAIE GELUK aan die Vryheid Stoeiers wat die naweek van 12 April die volgende uitslae behaal:

Hendrik Lens (Brons); Dirk Grobler (Goud); Janus Pretorius (Goud); Rowen Badenhorst (Silwer); Pierre Grobler (Goud) en Ruhan Davel (LTDP medalje).

Die onderskeie stoeiers het hulle baie goed van hulle taak gekwyt aangesien dit maar die tweede toernooi is waar Grieks-Romeinse styl gestoei word.

Vryheid Stoei Akademie wil ook net graag die volgende instansies bedank wat dit vir die klub moontlik gemaak het om die toernooi aan te bied: Lucas Meyer Skool vir die gebruik van die skoolsaal; JMR vir ‘n fotostaatmasjien en papier en Cash and Carry Liquors vir die twee staalbaddens en ys.

Indien daar enige belangstellendes is, kontak asseblief Juan Badenhorst op 084 247 4702.

Alle stoeiers vanaf vyf jaar ouderdom is welkom.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button