Volkies neem deel aan Mpumalanga Streeks Expo

Ongeveer 150 projekte van hoogstaande gehalte van leerlinge oor die hele Mpumalanga is ingeskryf vir beoordeling.

Hoërskool Volksrust leerlinge vanaf Graad 8 tot12 het vroeg op 16 Augustus met 34 expo projekte na Secunda vertrek, waar hulle aan die Mpumalanga Streeks-Expo deelgeneem het.

Ongeveer 150 projekte van hoogstaande gehalte van leerlinge oor die hele Mpumalanga is ingeskryf vir beoordeling.

Dit was Volkies se tweede expo-deelname en vir die leerlinge sowel as onderwysers was dit ‘n ongelooflike leersame proses. Die doel van die expo is juis om kreatiewe en innoverende denke onder leerlinge in veral die wetenskappe te stimuleer.

Altesaam 24 leerlinge van Hoërskool Volksrust het medaljes verwerf, waarvan 14 brons, nege silwer en een goue medalje was. Corli Taljaard is ook gekies om in Oktober deel te neem aan die Internasionale Wetenskap Expo in Johannesburg.

Baie geluk aan elke “expo-Volkie” met uitstekende projekte en onverbeterlike gedrag. Julle was almal ware Volkie ambassadeurs!

Baie dankie aan elke ouer vir jul ondersteuning en ook aan mnr. Laurence Greyvenstein, me. Lanel van Niekerk, me. Bianca Erasmus en mnr. en me. Delport wat Volksrust as beoordelaars verteenwoordig het. Volkies is volgende jaar terug met nog meer en nog beter projekte!

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button