SchoolsVryheid Herald

Pionier presteer op sportgebied

Die volgende dogters is ook na die KZN-Inland-proewe, wat in Pietermaritzburg gaan plaasvind, uitgenooi

Rugby:

Die volgende rugbyseuns is vir die Vryheid-streekspan, wat op 22 Maart aan die Noord-Natal-proewe by Hoërskool Ferrum gaan deelneem, gekies:

O/16-seuns: Jean Koekemoer, Jacques Richter, Franco Jonker en Gerber Diedericks.

O/18-seuns: Rocco du Randt, Duan Wolfaardt, Dijan Labuschagne en Duan Davel.

Die volgende O/19-seuns gaan dan vir hul eerste rugbyproewe: Heinrich Grobler, JC van Rooyen, Sphe Sangweni en Rohan Delport.

Ons wens hierdie seuns almal baie sterkte toe en glo dat dit baie goed sal gaan.

Hokkie:

Die volgende Pionier-dogters is in die KZN-Platteland-spanne ingesluit:

O/14-dogters: Karli Hatting, René Hatting, Lienke Senekal en Elaine Barnard (nie-reisend).

O/16-dogters: Anje Erasmus, Ashley Loch en Clarissa Volschenk (nie-reisend).

O/18-dogters: Rochelle Fuhri.

Die volgende dogters is ook na die KZN-Inland-proewe, wat in Pietermaritzburg gaan plaasvind, uitgenooi: Anje Erasmus, Ashley Loch en Rochelle Fuhri.

Pionier is baie trots op julle almal.

Geesvangweek:

Die leerders het Geesvangweek baie geniet. Maandag was dit Wêreldbekerdag, Dinsdag die 80’s, Woensdag was dit ‘Cowboys en Crooks’, Donderdag ‘Tie Dye’ en Vrydag kon die leerders een skoolreël breek. Die hoogtepunt was die sokkie op Donderdagaand.

Ons sien uit na die sport teen Hoërskool Vryheid op 23 Maart.

Op die kalender:

Pioniers-vir-Christus-kamp: 24-26 Maart.

ALSO READ: Dis net ‘n plesier by Pionier

The news provided to you in this link comes to you from the editorial staff of the Vryheid Herald, a sold newspaper distributed in the Vryheid area.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button