SchoolsVryheid Herald

Dis net ‘n plesier by Pionier

Die jaarlikse Mej. Pionier-kompetisie het op 2 Maart tydens ‘n spoggeleentheid plaasgevind

EG Jansen-redenaarskompetisie:

Pionier is weereens baie trots op beide ons junior- en senior redenaarspanne, wat op Vrydag, 3 Maart, aan die EG Jansen-redenaarskompetisie te Hoërskool Amanzimtoti deelgeneem het.

Lianca Landman het die kategorie vir beste senior onvoorbereide spreker gewen. Haar spanmaat, Lené Janse van Rensburg, het saam met haar die wa deur die drif getrek en ook ‘n puik voorbereide toespraak gelewer.

Die juniorspan glimlag egter van oor tot oor, want Kyla Bosman en Christian Rix het as algehele wenspan uit die stryd getree en bring die trofee weer terug Pionier toe.

Baie geluk, julle vier!

Mej. Pionier:

Die jaarlikse Mej. Pionier-kompetisie het op 2 Maart tydens ‘n spoggeleentheid plaasgevind. Janika Ferreira is as Mej. Pionier aangewys. Die eerste prinses was Cherize Combrinck en die tweede prinses was Rochelle Fuhri. Leonie Joubert is as Mej. Fotogenies en Rochelle Fuhri as Mej. Persoonlikheid gekies.

Daar het hierdie jaar 17 dogters ingeskryf. Die onderhoude het op 16 Februarie plaasgevind en 10 finaliste is gekies. Die dogters het ‘n heerlike bederfmiddag met ‘n fotosessie deur die bekende fotograaf in Vryheid, Chantelle Els, geniet.

Baie dankie aan die eerstespannetbal wat die geleentheid so professioneel aangebied het.

Skyfskiet:

Op 4 Maart het Pionier se skuts in Durban aan die liga 2-skyfskietkompetisie gaan deelneem. Ten spyte van die hitte in Durban en veral in die skietsaal het al die skuts baie goed presteer. Die volgende skuts het hul uitmuntend van hul taak gekwyt:

O/21-Veerklas

• Anika Dedekind: 2de.

O/16-Veerklas

• Jaden Labuschagne: 4de

• Lizaan Jansen: 5de.

O/16-Sporterklas

• Mia Myburgh: 1ste

• Niquita Steyn: 2de

• Carmen Stuart: 4de

• Rikus Johnstone: 5de

O/14-Veerklas

• Frans Saaijman: 4de.

Sport teen Hoërskool Ferrum:

Pionier het op 4 Maart 2023 teen Hoërskool Ferrum deelgeneem. Hiermee die uitslae:

Rugby:

• Eerstespan wen 9-8;

• Tweedespan wen 22-7;

• O/16-span verloor 22-53;

• O/15-span wen 10-0;

• O/14-span verloor 0-48;

Netbal:

• Eerstespan verloor 8-26;

• Tweedespan wen 11-9;

• O/16-span verloor 11-17;

• O/15A-span wen 27-18;

• O/15B-span wen 8-6;

• O/14A-span verloor 7-9;

• O/14B-span verloor 5-7.

Hokkie:

• Eerstespan verloor 1-2;

• Tweedespan wen 1-0;

• O/16-span verloor 1-3

• O/15-span wen 2-0;

• O/14-span verloor 0-3.

ALSO READ: Pionier-skuts is sterre

The news provided to you in this link comes to you from the editorial staff of the Vryheid Herald, a sold newspaper distributed in the Vryheid area.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button