NewsSchoolsVryheid Herald

Pioniers presteer

Die afgelope naweek het Pionier teen Hoërskool Rob Ferreira in Witrivier gaan speel

Pionier is supertrots op die volgende redenaars wat na die semifinale ronde op 28 Mei te Hoërskool Port Natal in Durban deurgedring het:

· Mia Bosman (Graad 8-9 Afrikaans Huistaal Voorbereid);

· Amelda Ungerer (Graad 8-9 Afrikaans Huistaal Onvoorbereid);

· Aimee Bosman (Graad 10-12 Afrikaans Huistaal Voorbereid);

· Ilani Lathleiff (Graad 10-12 Afrikaans Huistaal Voorbereid);

· Zané Stuart (Graad 10-12 Afrikaans Huistaal Voorbereid);

· Susan Gregory (Graad 10-12 Afrikaans Huistaal Onvoorbereid);

· Lianca Landman (Graad 10-12 Afrikaans Huistaal Onvoorbeeid);

· Cay-li Birkenstock (Graad 10-12 Afrikaans Addisonele Taal Voorbereid).

Ons wens julle alles van die beste toe en weet dat julle, soos altyd, net jul beste as Pionier-orators gaan lewer.

2. GEESVANGPRET

Hoërskool Pionier is nie net een van die min Afrikaanssprekende hoërskole in die land nie, maar spog ook met unieke geleenthede soos die jaarlikse geesvangweek voor Pionier se groot derbydag. Dinsdag was die tema ‘enigiets behalwe skoolskoene’ en die leerders het omtrent die koppe met hul unieke ‘skoene’ laat draai. Woensdag is al die reëls rakende die dra van skooluniform verbreek: los hare, grimering en uithanghemde! Woensdag was die tema ‘hoërskoolstereotipes’ (bv. “nerds”, “punks”, jocks”, “gamers” en “jokers”). Donderdag het die personeel vir hope pret gesorg deur Pionier-skoolklere op hul eie unieke wyse te dra. Die leerders het almal kom wys dat Pioniers beter in geel en groen lyk!

3. SPORT TEEN HOËRSKOOL ROB FERREIRA

Die afgelope naweek het Pionier teen Hoërskool Rob Ferreira in Witrivier gaan speel. In ysige koue en reën het die leerders almal steeds vir uitmuntende sport gesorg. Hiermee die uitslae:

Netbal

· Eerstespan wen 29-11;

· Tweedespan wen 21-16;

· O.16s wen 21-14;

· O.15s verloor 1-17;

· O.14s wen 23-15.

Rugby

· Eerstespan verloor 6-15;

· Tweedespan verloor 0-33;

· O.16s verloor 5-26;

· O.15s wen 22-10;

· O.14s speel gelykop 10-10.

4. KZN-NETBAL

Die volgende netbalspelers is tot die onderskeie KZN-netbalspanne verkies:

· Melé Erlank (o.17-Sharks-span);

· Cay-li Birkenstock (o.17-Dolphin-span);

· Mienke Mentz (o.15-Sharks-span)

· Clarissa Scheepers (o.14-Sharks-span);

· Mia Pienaar, Liané Rabe en Lydia Oosthuizen is in die Top 30 KZN-oefengroep, wat later vanjaar weer proewe vir ‘n toernooi in Kaapstad speel.

5. OP DIE KALENDER

· 28 Mei – Redenaarskompetisie: KZN-semifinale ronde in Durban.

ALSO READ: VRYHEID KZN: Pionier skitter met twee SA-skuts

The news provided to you in this link has been investigated and compiled by the editorial staff of the Vryheid Herald, a sold newspaper distributed in the Vryheid area. Please follow us on Youtube and feel free to like, comment, and subscribe. For more local news, visit our webpage, follow us on Facebook and Twitter.

Related Articles

 
Back to top button