Local newsNewsVryheid Herald

Vryheid se AfriForum-tak steek ‘n hand uit

AfriForum beplan om in die nabye toekoms met die bestuur van die AbaQulusi Plaaslike Munisipaliteit te vergader

Vryheid se AfriForum-tak het in middel Maart voorstelle vir die geïntergeerde ontwikkelingsplan (GOP) by die AbaQulusi Plaaslike Munisipaliteit ingedien.

Hierdie is ‘n proses wat elke jaar hersien moet word en volgens wet moet lede van die gemeenskap die geleentheid kry om voorstell in te dien.

“Ons het gereelde water- en kragonderbrekings en rioolprobleme, en die redes daarvoor is onaanvaarbaar. Volgens die munisipaliteit is die belastingbetaler se bydrae vir die 2018/19 finansiële jaar R75 miljard, dus behoort die munisipaliteit in ’n finansiële posisie te wees om hierdie instandhouding te kan doen,” sê André van der Walt, voorsitter van die Vryheid-tak.

“Ons sien gereeld dat hierdie GOP-prosesse of nie gedoen word nie of op so ’n manier bestuur word dat die hele gemeenskap nie deel is van die proses nie. Daarom sien ons dat die infrastruktuur in dorpe geweldig agteruitgaan. Hierdie prosesse is juis daar vir ekonomiese ontwikkeling en dis waarom elke sektor van ’n gemeenskap aan hierdie proses moet kan deelneem,” sê Eugene van Aswegen, distrikskoördineerder vir KwaZulu-Natal.

“Ons sien dat besighede hul deure toemaak as gevolg van hierdie swak diens. Die klagtes val op dowe ore en beloftes word nie nagekom nie,” het van der Walt bygevoeg.

AfriForum beplan om in die nabye toekoms met die bestuur van die AbaQulusi Plaaslike Munisipaliteit te vergader om sodoende ’n gesamentlike lys op te stel om hierdie probleme uit die weg te ruim. Verdere optrede kan ook oorweeg word.

The news provided to you in this link has been investigated and compiled by the editorial staff of the Vryheid Herald, a sold newspaper distributed in the Vryheid area. Please follow us on Youtube and feel free to like, comment, and subscribe. For more local news, visit our webpage, follow us on Facebook and Twitter.

Related Articles

Back to top button