Local sportNewsSportVryheid Herald

VRYHEID KZN: Welgedaan Vryheid Swemklub swemmers

Julle harde werk en baie ure in die swembad word raakgesien

Klubswemmers werk die hele seisoen daaraan om te kwalifiseer vir die Nasionale Level tye of om fiks genoeg te wees of om aan die langer afstande byeenkomste deel te neem. Indien so ‘n swemmer dan kwalifiseer volgens die tye wat van SA Swem uitgegee is, mag hulle aan of die Nasionale Level 2, Level 3 of SANJ gala deelneem. Huidiglik het die volgende swemmers by ‘n paar beskikbare galas in November en 20 Februarie 2021 die geleentheid gehad om te kwalifiseer. Na harde werk en deursettingsvermoë behaal die volgende klubswemmers uitstekende resultate en kwalifiseer hulle as volg:

Ashley Loch – SA Nasionale Junior tyd in 100m Rugslag.

Dirk Grobler – Level 3 kwalifiserende tye in 100 Vryslag,

100m Vlinderslag en 100m Borsslag.

Pierre Grobler – Level 3 kwalifiserende tye in 100 Vryslag en 100m Vlinderslag.

Zoe Richards – Level 3 kwalifiserende tye in 100m Borsslag.

Michael (Shane) van der Linde – Level 3 kwalifiserende tye in 100m Vlinderslag.

Giuliana Vyncke – Level 3 kwalifiserende tye in 100m Vryslag, 200m Vryslag, 100m Rugslag, 200m Rugslag, 100m Vlinderslag en 200m IM.

Leandri Grobler – Level 2 kwalifiserende tye in 100m Rugslag, 100m Borsslag, 200m Borsslag en 50m Borsslag.

Ilani Lathleiff – Level 2 kwalifiserende tye in 50m Rugslag en 100m Rugslag.

Leon (Keegan) van der Linde – Level 2 kwalifiserende tye in 100m Rugslag.

Danika Vyncke – Level 2 kwalifiserende tye in 50m Vryslag, 100m Vryslag, 50m Borsslag, 100m Borsslag en 200m Borsslag.

Ivana Vyncke – Level 2 kwalifiserende tye in 50m Borsslag, 100m Borsslag, 200m Borsslag en 200m IM.

Op hierdie stadium is daar nog geen bevestiging ontvang van SA Swem dat ons ‘n nasionale gala mag hou nie, maar daar is bevestig dat hulle besig is om dit dalk te verander na ‘n provinsiale gala sodat daar binne die Covid-19 reëls gebly kan word.

Die klub wag nog op verdere inligting en reëlings. Voorlopige datums vir die galas is as volg: Level 3 – 23 tot 26 Maart; en Level 2 – 28 tot 30 Maart 2021.

Sterkte aan al die swemmers. Julle harde werk en baie ure in die swembad word raakgesien. Elke swemmer in die klub wat ook persoonlike beste tye geswem het is ook ‘n wenner, al het julle nie kwalifiserende tye geswem nie. ALSO READ: 

Vryheid KZN: Vryheid Swemklub spog met hul top-presteerders

Make sure you follow us on our social media platforms for regular updates

Related Articles

 
Back to top button