NewsSchools

Lucas Meyer Primêre Skool – LMS vier 86 jaar van werk en groei

LMS het ‘n ryke tradisie van prestasies en oudleerlinge wat hoë hoogtes na skool bereik het, maar ons “omgee” vir kinders sodat hulle gelukkig kan wees, is ‘n kleinnood wat gekoester word.

LMS het op 19 Februarie, sy 86ste bestaansjaar gevier.

Gelukwense is van verskeie ouers, voormalige personeel en oudleerlinge ontvang. Die leerlinge het vroeg die oggend spontaan vir die skool gesing waarna die hoof, mnr Kritzinger, hulle toegespreek het. Die Gr 1 personeel en leerlinge het pragtige inisiatief aan die dag gelê en die skool se ouderdom op die grasperk voor hulle klasse fisies uitgebeeld. Verskeie klasse is deur ouers verras met eetgoed wat skooltoe gestuur is. Die Gr 2L klas is selfs met heerlike eetgoed deur die plaaslike Spur bederf!

LMS het ‘n ryke tradisie van prestasies en oudleerlinge wat hoë hoogtes na skool bereik het, maar ons “omgee” vir kinders sodat hulle gelukkig kan wees, is ‘n kleinnood wat gekoester word. Hier word by uitstek die geleentheid aan kinders gebied om hulself te wees en om in ‘n geborge omgewing te werk en te groei. Alle eer aan ons Hemelse Vader.

Atletiek: Verskeie leerlinge het die afgelope Saterdag aan die Distrikte Atletiekbyeenkoms deelgeneem. Dankie aan hierdie atlete wat ambassadeurs vir die skool was. Die uitslae sal later eers beskikbaar wees.

Skyfskiet: Baie geluk aan Ryan van Wyk wat die afgelope naweek ‘n bronsbedalje in o/14 skyfskiet ontvang het. Ronaldo Ferreira het ook deelgeneem en goeie vordering gemaak.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button