EntertainmentLifestyle

Wie het die baas vermoor?

JOBURG – Verskeie skokkende geheime kom op die lappe na die moord van die baas van die De Waal-teateragentskap in die fliek Hoener met die Rooi Skoene.

‘n Splinternuwe Koos Roets-rolprent, Hoener met die Rooi Skoene het verlede Vrydag (27 Januarie) landwyd in verskeie teaters begin draai.

Die rolprent word by Ster Kinekor in Cresta vertoon.

Terwyl Bonnie van der Byl (Lizz Meiring), ontvangsdame van die internasionaal bekende De Waal Teateragentskap, tot laataand op ‘n stormagtige nag oor die telefoon voortklets, lê die lyk van haar baas, die suksesvolle, maar minder gewilde sakeman en impresario, Du Toit de Waal (Deon Lotz) met ‘n dolk in sy rug in die kantoor.

Sy skakel die polisie en by nadere ondersoek van haar baas se lyk, word sy oudergewoonte flou. Wanneer sy met die flitslig van konstabel Mickey Mentz (André Weideman) in haar oë bykom, is die lyk skoonveld.

Hiermee is die tafel gedek vir ‘n skreeusnaakse riller-komedie vol kinkels waarin Van der Byl met haar bekkige papegaai, Napoleon, en speurkaptein Hendrik Greyling (Louw Venter), sentraal staan.

Tydens ondervraging word verskeie geheime ontbloot: Cecilia de Waal (Dorette Potgieter), die baas se aantreklike jonger vrou, het meer as een skelmpie, sekretaresse Enith Conradie (Lida Botha) is al jarelank verlief op die baas, die ligsinnige Roxie Roos (Laré Birk) is die baas se pretpoppie op kantoor, en die sjarmante Percy Celliers (Geon Nel) doen nie sy werk nie.

Sake neem ‘n interessante wending as die lyk van Cecilia se skelmpie, Jacques Petout (Jacques Theron), met ‘n meswond in die rug op op die sandduine ontdek word en nog ‘n slagoffer, ook met ‘n meswond, reg voor Bonnie se oë by die kantoor se hysbak inmekaarsak.

Bonnie word ‘n selfaangestelde speurder wat bewyse soos ‘n selfoon, sleutel en ‘n bebloede nota as troefkaart gebruik om die speurder ore aan te sit. Haar planne loop sleg skeef as Greyling tydens die hoogtepunt van die storm in ‘n geslote kas opeindig, terwyl die moordenaar op haar toeslaan.

Hoener Met Die Rooi Skoene is ‘n riller-komedie, met onverwagse kinkels in ‘n net so vreemde kabel.

Kyk die fliek se lokprent hier:

 

Sosialemedia skakels:

Facebook: Hoener Met Die Rooi Skoene

Twitter: @HoenerMovie

Instagram: hoenermovie

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button